KYK: Skattige foto’s van Kyrah se tweede verjaardag

Die Afrikaanse sanger, Kurt Darren en sy vrou Dunay, het ’n pragtige pienk tema partytjie vir hul dogtertjie, Kyrah se tweede verjaardag gehou.

Kyrah het Woensdag twee jaar oud geword en die partytjie is gepas vir ’n klein prinsessie.

Lees Ook: Kurt Darren word weer pa

Kurt het sy Twitter profiel geskryf: “Baie geluk aan ons engelkind Kyrah op haar 2de verjaarsdag vandag, ons is so, so baie lief vir haar!!”

Foto’s: Sandri Blom Photography