Die Heuwels Fantasties het ’n paar weke gelede ’n splinternuwe enkelsnit, LED Liefde, uitgereik in aanloop tot die feesseisoen, en tot hul nuwe album wat Maart 2017 uitgereik gaan word. Die bittersoet liedjie handel oor die groep wat so gereeld op die pad is en hul geliefdes dan meestal net op‘’n skerm kan sien. Die liedjie se universele tema in hierdie digitale-era, uitsonderlike klank en betekenisvolle lirieke het gou geresoneer by meeste mense. LED Liefde het vinnig na sy afskop sy verskyning op die iTunes ranglys gemaak en het reeds Jacaranda FM se Top 20 en Bok Radio se Top…
Skrywer: Fanie Nel
Groot opwinding heers by Revue 2016, want die vier finaliste in die Laerskole afdeling is so pas aangewys. Daar was aanvanklik twaalf gekeurde laerskole wat deelgeneem het aan hierdie opwindende revuekompetisie op kykNET NOU (Kanaal 146). Vanuit hierdie twaalf, is daar agt semi-finaliste aangewys en van daar is die vier finaliste aangewys wat sake gaan uitspook op die finale vir Laerskole op 18 Desember om 17:00. Die vier finaliste in die laerskole afdeling van Revue 2016 is: Laerskool Baanbreker (Jnr) – Boksburg Laerskool Wonderboom – Pretoria Laerskool Kruinsig – Kempton Park Laerskool Baanbreker (Snr) – Boksburg Die…
Kersfees is om die draai en tyd vir geskenke. Die aanlyn webwerf, Channel24, het vyf plaaslike sterre gevra wat hulle graag vir Kersfees wil hê, en hul antwoorde sal jou verbaas. Karen Zoid Ek sal graag ’n nuwe president vir Suid-Afrika wil hê. Jack Parow Slaap! Ek sal graag meer wil slaap hierdie Kersfees. Francois van Coke Ek sal beslis kan doen met doeke en room vir boudjies. Gavin Edwards Al wat ek hierdie Kersfees wil hê, is om die dag saam my familie te spandeer en soveel kos en lekkers te eet en weer te eet totdat ek nie…
Die veelsydige kitaar virtuose, Loki Rothman, se talent ken geen perke nie. Hy het die meeste genres op kitaar bemeester, het ’n meesleurende stem, verf asemrowende landskappe met sy oorspronklike lirieke en is ook ’n suksesvolle musiekvervaardiger. Hierdie jaar het Loki sy vlerke selfs wyer gespan as kunstenaar en musiek vervaardiger. Hy het die klankbaan, sowel as sy eerste oorspronklike Afrikaanse treffer, Ons Op Ons Eie, vir die film, Jou Romeo, geskryf en opgeneem. Loki het ook die liedjie, Blou, saam met die legendariese Laurika Rauch opgeneem en is onlangs vrygestel. Dit beteken dat Loki betrokke is by twee uitsonderlike…
Goeie nuus het Adam Tas vandag tebeurt geval: Sy splinternuwe album, Patattas en Pyptabak het pas goue status bereik. @adamtasmusiek – Baie geluk met die GOUE STATUS van “PATATAS & PYPTABAK” Ons is erg trots!!!! @huisgenoot @kykNETtv https://t.co/VIwpMp9TpZ pic.twitter.com/fM0iRz79kI — Select Musiek (@SelectMusiek) December 5, 2016 Aanhangers van die sanger Adam Tas meen die sanger het ’n unieke manier om hartslirieke en musiek tot iets te verweef wat die luisteraar aangryp en direk tot die siel spreek. Sy jongste album, Patatas en Pyptabak, is geen uitsondering nie. Só lyk Adam Tas se splinternuwe album Die album bestaan uit 13 snitte…
Die langwag is uiteindelik verby en aanhangers van die sanger, Ruan Josh, sal verjeug wees oor die feit dat sy eerste enkelsnit, Toevallig, op iTunes beskikbaar is. Benewens die snit op iTunes is die musiekvideo daarvan ook bekendgestel. Is dit nou nie “toevallig” nie? Klik hier om die snit op iTunes te kry. Die video is geskiet in Pretoria onder die prentjie mooi Jakaranda bome in Oktober 2015 en die platemaatskappy het vir die regte tyd gewag om die liedjie vry te stel – en dis net betyds vir die feesseisoen. Kyk die musiekvideo hier: Toevallig is geskryf deur die…
Jy het daarvoor gevra en hier is dit! In Desember vanjaar bring kykNET die gewilde musiekkonsertreeks Afrikaans is Groot na jou woonkamer. Dié jaarlikse konsertreeks wat sterre soos Juanita du Plessis, Bobby van Jaarsveld en Elvis Blue lok, is ’n ware wie’s wie van Afrikaanse musiek. Dié dat die kaartjies altyd vinniger as pannekoek op ’n kermis uitverkoop. Beleef die beste oomblikke en optredes sedert 2012 elke Sondagaand saam op kykNET (DStv-kanaal 144). Die hoogtepunte sluit in: Afrikaans is Groot 2012 4 Desember 20:00 ’n Treffersparade met van Suid-Afrika se grootste sangers by die Moreletapark Gemeente in Pretoria. Steve Hofmeyr,…
Ruan Josh sal ná Vrydag op almal se lippe wees nadat sy eerste enkelsnit, Toevallig, die digitale-musiekwinkel, iTunes tref. Die snit wat na verwagting 25 November vrygestel sou word is uitgestel na komende Vrydag, 2 Desember, maar dié sanger het nie op hom laat wag nie en ’n voorsmakie van die liedjie met sy aanhangers gedeel. Klik hier om Toevallig op iTunes te voorafbestel. Ruan Josh se debuut album Eggo word 24 Februarie 2017 vrygestel. Na meer as twee jaar in wording, is die aanvraag na sy debuut album groot. Die album sluit meer as 14 nuutgeskrewe liedjies in uit die pen…
Arno Carstens is reeds vir meer as twee dekades ’n huishoudelike naam in die musiekbedryf – vir al bekend as die voorsanger van die supergroep Springbok Nude Girls.
Die akteur en musikant, Stefan Ludik, is onlangs met ’n blou-oog gelaat ná een van die groep Elvis se Seun, waarvan hy die hoofsanger is, se optrede die afgelope naweek. Stefan het Saterdag ’n foto van sy blou-oog op Facebook gedeel. By die foto het hy geskryf dat hy bietjie ys op gesit het om die swelling te laat verdwyn. Ten spyte van sy blou-oog het die sanger steeds opgetree en al sy lojale ondersteuners bedank vir hul ondersteuning en gasvryheid. Volgens Stefan het hy geen idee wie hom geslaan het nie, en het hom nie eens gesien nie. Hy…