Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Klein Keagan se ontmoeting met sy held Manie Jackson gaan jou hartsnare roer
Nuus

Klein Keagan se ontmoeting met sy held Manie Jackson gaan jou hartsnare roer

Fanie Nel21 November 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Min het die sewejarige Keagan Rossouw geweet wat op hom wag toe hy Vrydag, 18 November in Vanderbijlpark agter die mikrofoon ingeskuif het.

Hy begin vol selfvertroue Die Hemel Weet sing. Skielik word ’n ander stem gehoor en Keagan is vir ’n kort oomblik geheel en al verdwaas. Dan sien hy waar dit vandaan kom: sy held in lewende lywe – Manie Jackson!

Die oorstelpte Keagan gooi sy armpies om Manie se nek en die twee voltooi die liedjie. En soos ’n wafferse professionele sanger wat hy is, herwin Keagan weer sy balans en sing voort. Die gehoor gaan mal.

Volgens sy Facebook-profiel is Keagan afkomstig van Rustenburg. Hy is met Fanconi Anemia gebore. Selfs nie geslote oorkanale keer hom om sy musikale passie met absolute oorgawe uit te leef nie. Een ding is duidelik: musiek bruis deur sy are en elke sel wat Keagan so merkwaardig maak!

Danksy ’n spesifieke gehoorstuk wat aan sy skedel geanker is (BAHA: Bone Anchored Hearing Aid) kan hy klank klokhelder hoor. Dié is sy eerste liedjie en hy hoop om teen die einde van die jaar ’n album uit te reik.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.