Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Reis saam op Hilde se Hartklanke

Fanie Nel25 November 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die 7de Laan-ster, Hildegardt Whites is nou ook ’n VIA-ster, en na elke episode is daar ’n musiekvideo.  

Hildegardt Whites het geen bekendstelling nodig nie. Haar debuut op TV in 7de Laan het haar in duisende Suid-Afrikaners se harte laat inkruip. Hierdie talentvolle aktrise woeker met haar talente, op die verhoog, voor die kamera en nou met haar passie vir musiek. ’n Jaar gelede is besluit om uiteindelik haar eerste album te vervaardig. Dit was die begin van ’n kleurvolle reis, en ’n TV-program Hilde se Hartsklanke!
Jy word genooi om dié onthoupad saam te stap, terug na haar herkoms, die mense en klanke van haar kinderdae. Reis elke Woensdagaand, 20:00 saam met Afrikaans.com en VIA.

Jy kan aanklop by medemusikante uit die kleurvolle en unieke streke van die Weskus en Noord-Kaap waar Hilde grootgeword het. Sy is gebore op Nieuwoudtville. Stap saam met haar op die spoor van haar mense. Sy ontdek opnuut haar hartsklanke en hierdie ritme is aansteeklik!

Sy het 13 liedjies nodig vir haar album en sy het 30 dae! Reis saam met haar na Vredenburg, Clanwilliam, Vredendal, Van Rhynsdorp, Garies, Karkhams, Kamieskroon, Leliefontein, Pella, Kakamas, Kenhardt, Calvinia, Loeriesfontein, Nieuwoudtville en die Paarl. Elke dorpie en elke liedjie is spesifiek gekies om Hilde se eerste album uniek en oorspronklik te maak. Reis saam.

Indien jy die episode gemis het, kan jy elke Vrydag luister na die liedjie en na die volledige program op Afrikaans.com kyk. Ons bring vir jou die storie agter die storie en so ’n kykie agter die skerms.

Die liedjie wat Hilde opneem, is saam met Glenda Meissenheimer. Dié 20-jarige sing, speel kitaar én skryf haar eie liedjies, maar min mense buite Vredenburg weet van haar. Hilde besluit om Glenda se liedjie, Hier by jou, saam met haar op te neem.

Nuwe episode van Hilde se hartsklanke wys elke Woensdag om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) en herhaal dan weer Saterdagaande om 21:00 en Sondagoggende om 09:00.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.