ADAM se nuwe musiekvideo is hier

ADAM is sekerlik een van die mees produktiefste groepe vandag in Suid-Afrika. Na hul eerste album, Adam, in 2011 verskyn het, het hulle Vir jou gemaak (2012) en daarna Goud (2014) uitgereik. Al drie hierdie albums het goue status bereik.



ADAM (Hugo Ludik, Kyle Grant en Reynardt Hugo) se vierdie Afrikaanse album getiteld, Hoogtevrees, is gedurende Augustus 2016 uitgereik.  Dié titelsnit van die album het die nommer een plek op verskeie radiostasies se trefferparades gehaal en die tweede enkelsnit, Vergifnis, wat onlangs uitgereik is, is kort op sy hakke!

Kyk die musiekvideo hier: