Ons wou geweet het wat jóú gunsteling liedjie in 2016 was en jy het geantwoord. Na vele reaksie en baie stemme het ons die liedjie van 2016 gevind. Ons het egter ook besluit om die liedjie wat tweede en derde plek gehaal het met jou te deel. 3. Genade vir Afrika – Jacobus Silwer 2. Sparks – Gavin Edwards En die liedjie van die jaar is… Skepe – Jo Black Baie dankie aan elkeen wat deelgeneem het!
Skrywer: Fanie Nel
2016 was gevul met die lekkerste musiek vir elke oor. Dink nou maar aan treffers soos Skouers vanaf Riana Nel se album Jy Sal Weet, of wat van Bobby van Jaarsveld se Geloof, Hoop en Liefde wat op die Afrikaans is Groot Volume 9 album is. Dan was daar ook treffers soos Ontwaak vanaf Arno Carstens se Die Aandblom 13. Dié sanger wat hoofsaaklik in Engels sing, se Afrikaanse album het groot opslae gemaak. Daar was ook nuwe talent op die horison, en treffers soos Gavin Edwards se Sparks, Almur Marais se Sterre Oor Stilfontein, of selfs Vernon Barnard se I…
Die sanger en liedjieskrywer, Steve Hofmeyr en sy vrou Janine verwag ’n baba dogtertjie. Die sanger het die blye tyding op sy Facebook-blad gedeel. Steve het reeds vier seuns waarvan, Armand Hofmeyr en Devon Hofmeyr ook in die vermaaklikheidsbedryf is. In sy inskrywing noem hy dat dit steeds ’n risikogeval is, as gevolg van hul ouderdom, maar glo dit gaan ’n wonderwerk wees. Die paartjie is in die wolke oor die koms van hul dogertjie. Hy nooi egter sy aanhangers uit na Romy-Lee se 1ste verjaarsdag op 1 Julie 2018. Baie geluk julle!
Het jy laat geslaap en steeds nie kersgeskenke vir die kerskouse nie? Moenie bekommerd wees nie, ons gee raad! Vermy die lang toue by die winkels en koop sommer in die gemak van jou huis aanlyn op iTunes of Groot Tunes. Kry ons eerste lys hier Om die prys van die album te sien, klik op die foto of hover met jou muis daaroor. iTunes Groot Tunes *Pryse was korrek teen plasing van dié berig en is onderhewig aan verandering.
Wat kry jy as jy al die stoele uit Carnival City se Big Top Arena uithaal en omskep in die grootste sokkiedansvloer in Suid Afrika, net vir een aand?
Kersfees loer vir ons, en as jy geen ander planne het op Kersdag nie, kan jy verseker voor die kassie inskuif vir ’n eksklusiewe Kersprogram, Onder die Kersboom met die sanger Gerhard Steyn op SABC 2. Van sneeumanne saam met Nicholis Louw, tot vrolike kerspoedings saam Sorina oftewel Die Flooze tot familievriendelike mengeldrankies met die mooie Nádine. Daar is selfs kersgeskenk kompetisies met Die Campbells. Boonop deel Suid-Afrikaanse kunstenaars hul kersherinneringe, tradies en truuks met kykers. Hulle deel ook hul gunsteling kersliedjies. Kyk die voorskou-video hier: Onder die Kersboom met Gerhard Steyn word Sondag, 25 Desember tussen 10:30 en 12:00…
Ná die weghol sukses van die trio, Tussen Sterre, se debuut enkelsnit, Wonder Steeds, is hulle terug met ’n nuwe enkelsnit, Vir Ewig ’n Goeie Tyd. Die musiekvideo daarvan is onlangs bekend gestel en dis net betyds vir die somervakansie. Tussen Sterre is Suid-Afrika se nuwe, vars Afrikaanse Pop/Rock-groep wat in 2015 gestig is deur Jan-Mattys van Lill, Martin Clifford Earle en SJ van Dyk. Tussen Sterre se eerlike lirieke, ernergieke musiek en elektriese klanke is bestem om mense van alle ouderdomme regoor Suid-Afrika aan te raak. Die groep beoog om die Arikaanse mark te revolusioneer met hul unieke skryfstyl…
As jy dié Desember vakansie hou by een van ons land se oorde het ons goeie nuus vir jou. Leah en Willem Botha kuier vir die volgende paar weke by elk van ons oorde. Só lyk die toerprogram: 15 Desember: ATKV-Natalia 17 Desember: ATKV-Drakensville 19 Desember: Loskopdam Forever Resort 21 Desember: ATKV-Klein-Kariba 22 Desember: ATKV-Buffelspoort Hou gerus CO Productions se Facebook-blad, Twitter en Instagram dop vir daaglikse opdateerings.
Dis weer daardie tyd van die jaar. Die kerskouse moet gevul word. Gelukkig het ons die perfekte lys saam gestel om jou inkopielys ietwat makliker te maak. Afrikaans is Groot Volume 9: *R109,95 Classics is Groot CD: *R109,95 Wolwe Dans – Groete van My: *R119,95 Bouwer Bosch – Hopelik: *R119,95 Krone 3 LIVE CD: *R119,95 Afri-Koesties: *R119,95 Vat Vyf met Derrich Garderner Volume 6: *R119,95 Treffer Na Treffer Hitmixes: *R119,95 Joe Niemand – Vryheid: *R119,95 Gerhard Steyn – Hartvanger: *R119,95 Wouter van der Venter – Toe Roep Jy My: *R119,95 Leah – Wonderwerk Deluxe: *R129,95 Bok van Blerk – Van…
Die sanger en liedjieskrywer, Deon Meiring, is terug met ’n splinternuwe musiekvideo en enkelsnit, Ek Behoort Aan Die See, en dis net betyds vir die feesseisoen. Deon skryf op sy webblad: “Ek het naby aan die see grootgeword in Humansdorp. Dis ’n plattelandse dorpie so min of meer tussen Jeffreysbaai en St.Francis en Kaap St. Francis. Ek is my hele lewe lank lief vir die see (soos baie ander mense).” Kyk die video hier: Dit is die eerste keer in sy lewe dat hy ’n liedjie skryf as ’n definitiewe huldeblyk aan die see. Die video is ook verfilm…