Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Talle bekroonde klassieke musici by Klein Karoo Klassique
Feeste

Talle bekroonde klassieke musici by Klein Karoo Klassique

Fanie Nel12 Junie 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

“Klassieke musiekliefhebbers kan vanaf Vrydag, 27 Mei kaartjies koop vir Klein Karoo Klassique. Op die program vanjaar is die Suid-Afrikaanse fluitspeler en Grammy-wenner, Wouter Kellerman en intieme musiekuitvoerings deur bekroonde klassieke musici.”

Só sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van dié fees, wat van Vrydag, 12 tot Sondag, 14 Augustus op Oudtshoorn aangebied word.

Klassique word Vrydagaand deur die SAMA-genomineerde Cape Town Tango Ensemble (Stanislav Angelov, bandoneon & trekklavier; Petrus de Beer, viool; Albert Combrink, klavier en Charles Lazar, kontrabas) met Piazzolla and beyond geopen. Van Astor Piazzolla se gewildste komposisies, waaronder Angel Suite, Four Seasons of Buenos Aires en Adios Nonino en komposisies deur Richard Galeano en Aleksandar Simić word uitgevoer.

Bekroonde kitaarspeler, James Grace, bied Saterdagoggend ’n program van sy SAMA-benoemde albums en oorspronklike verwerkings van sy vertoning Guitar Hero aan, met musiek van Bach, die Beatles, Albeniz, Rodrigo en Tárrega.

In Vier vir Twee (Saterdagmiddag) neem Mareli Stolp (klavier) en Morné van Heerden (klarinet) die gehoor op reis deur die mooiste werke vir dié twee instrumente, met musiek van Franse komponiste Claude Debussy en Camille Saint-Saëns, gekombineer met werke van Suid-Afrikaanse komponiste, Kevin Volans en Stefans Grové.

Saterdagmiddag se Nagmusiek, met Grethe Nöthling (klavier) en Matildie Thom Wium (mezzosopraan), is ’n samestelling van kort werke deur die Suid-Afrikaanse komponis, Arnold van Wyk. Dié komposisies dateer uit die tyd toe Van Wyk as kind vakansies in De Rust deurgebring het en word gebind deur ’n verhaal uit van sy briewe en dagboekinskrywings. Beide Nöthling en Thom Wium se doktorale studies het op Van Wyk se werk gefokus.

Wouter Kellerman, Grammy-wenner en SAMA-bekroonde fluitspeler, verken Saterdagaand die veelsydigheid van die fluit in ’n vermenging van klassieke en kontemporêre klanke met werke van o.a. Marin Marais, Brian Boru en sy eie moderne klassieke geïnspireerde Buenos Aires, The Long Road en Notre Futur.

Sondagoggend bied die Helderberg Baroque Trio (Charlotte Berger, hobo, Traverso- & blokfluit; Annien Shaw, viool en Erik Dippenaar, klavesimbel), ’n barok-program met musiek van Georg Friedrich Händel, Arcangelo Corelli en Johann Sebastian Bach aan.

Klassique eindig Sondagmiddag op ’n hoë noot met die ATKV-Afsluitingskonsert, deur sopraan, Noluvuyiso Mpofu, klarinetspeler, Junnan Sun, pianis Elna van der Merwe en die bekroonde Suid-Kaap Kinderkoor o.l.v. Jan-Erik Swart.

“Kaartjies is beskikbaar by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home. Die ongelooflike winskoop van die Klassique Pakket maak dit vir feesgangers moontlik om elke noot te hoor, aangesien die program so geskeduleer word dat geen uitvoerings bots nie”, sê Snyman. Dié pakket kos R600 en bied ’n besparing van R275.

Meeste uitvoerings word in die NGK Park aangebied, na verlede jaar se positiewe terugvoer oor dié venue. Sondag se uitvoerings vind op die pragtige Surval Boutique Olive Estate net buite Oudtshoorn plaas.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket. Besoek die fees se Facebook-blad of volg hul op Twitter en Instagram vir mkeer inligting.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza
Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!
Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’
SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.