Die Ghoema Afrikaanse musiektoekenningsgeleentheid is op 25 April in die Joburg Theater in Johannesburg aangebied. Dis die vyfde jaar wat dié gewilde toekenningsaand met trots geborg deur kykNET aangebied word.
Vanjaar is daar ook drie nuwe kategorie op die been gebring. Digitale album-en-liedjie van die Jaar asook luitoon van die jaar.
Dis uiteindelik Elvis Blue wat koning gekraai het en is huis toe met nie minder as sewe toekennings. Hy is ook vir sewe toekennings benoem en het glo die rekords laat spat.
Hier volg die wenners:
Nuweling van die Jaar
Leah
Musiekvideo van die Jaar
Elvis Blue – Die Hemel
Geestelike Album van die Jaar
Retief Burger – Nou en Vir Altyd
Kinderalbum of – DVD van die Jaar
Carike Keuzenkamp – Carike, Ghoempie en Ghoegoe se vakansie Volume 11 DVD
Gewildste liedjie van die Jaar
Francois van Coke en Karen Zoid – Toe Vind Ek Jou
Beste Humor-Album van die Jaar
Andries Vermeulen – Ko’ Lag Nog ’n Bietjie
Liedjieskrywer van die Jaar
Elvis Blue
Beste rock-album van die Jaar
Francois van Coke – Francois van Coke
Beste alternatiewe album van die Jaar
Spoegwolf – Somer
Vervaardiger van die Jaar
Robin Kielly
Beste live DVD van die Jaar
Laurika Rauch en Elvis Blue – Hart en See
Beste pop-album deur ’n vroulike kunstenaar
Karlien van Jaarsveld – My Hartjie
Beste pop-album deur ’n manlike kunstenaar
Joe Foster – Hartklank
Beste album deur ’n duo of groep
Anders – #EkOnthou
Beste Intrumentele Album van die Jaar
Rocco de Villiers – Beautiful Beautiful Hymns
Beste kontemporêre album deur ’n vroulike kunstenaar
Andriëtte Norman – Pêrel vir ’n Kroon
Beste kontemporêre album deur ’n manlike kunstenaar
Elvis Blue – êrens in die middel van nêrens
Digitale album van die Jaar
Francois van Coke – Francois van Coke
Digitale liedjie van die Jaar
Francois van Coke en Karen Zoid – Toe vind ek jou
Luitoon van die Jaar
Elvis Blue – Die Hemel
Beste verkoper van die Jaar
Juanita du Plessis
Beste liedjie van die Jaar
Francois van Coke en Karen Zoid – Toe vind ek jou\
Groep van die Jaar
Anders
Vroulike kunstenaar van die Jaar
Andriëtte
Manlike kunstenaar van die jaar
Elvis Blue
Beste Album van die Jaar
Elvis Blue – êrens in die middel van nêrens