Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
SAMA

Karlien van Jaarsveld en Elvis Blue blink uit by SAMA’s 2016

Fanie Nel19 Junie 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die Oos-Kaapse Afro-soulsanger Nathi het die naweek skoonskip gemaak op 22ste Samas, die groot jaarlikse prysaand vir Suid-Afrikaanse musiek. Hy het Saterdagaand vyf Samas en ’n reusekontantprys gewen op die glansryke geleentheid in die internasionale konferensiesentrum in Durban.

Afrikaanse kunstenaars het in drie kategorieë uitgeblink: Karlien van Jaarsveldhet beste Afrikaanse popalbum vir My Hartjie gewen, Elvis Blue beste kontemporêre album met Êrens in die middel van Nêrens, en Wouter Kellerman beste instrumentale album met Love Language.

Wouter Kellerman ontvang sy SAMA vir Beste Instrumentele/klassieke album.
Wouter Kellerman ontvang sy SAMA vir Beste Instrumentele/klassieke album.

“My Hartjie” is die temalied van die rolprent Hollywood in My Huis en die ander bekende enkelsnit van die topverkoperalbum is “Geskeurde Jeans”. Dié album het Van Jaarsveld opgedra aan die babadogtertjie wat sy en haar gewese man, Derick Hougaard, eertydse Blou Bul-losskakel, verlede jaar verloor het.

90e47aa0cfc94038b604aa39e67aa70c
Karlien van Jaarsveld ontvang die SAMA vir Beste popalbum.

Blue se tweede Afrikaanse album, Êrens in die Middel van Nêrens, is bekend om die enkelsnitte “Die Hemel” asook “Môre kan maar kom”. Dit is verlede jaar aangewys as een van die top100 albums in Suid-Afrika gegrond op verkope.

Met die sukses van die album voeg Blue, wat vanjaar 15 jaar in die plaaslike musiekbedryf vier, nog ’n Sama by die drie wat hy reeds koester, 2 Ghoemas en 2 platinumalbums. In dié kategorie het hy Andriëtte, Neil Somers, Bok van Blerk en Stiaan Rynierse uitgestof.

Jack Parow en Freshlyground het die Sama vir beste musiekvideo gewen vir hul lied “Army of One”. Hierin speel Parow ’n tipe James Bond-karakter aka Jan Bont op ’n “aksiebelaaide” sending in sy oranje Skyline-krokmotor – kompleet in sy afdakkie-pet – om Zolani Mohola, voorsanger van Freshlyground, te “red”.

Die Grammybekroonde fluitspeler Wouter Kellerman het sy tweede opeenvolgende Sama vir beste instrumentale album gewen vir sy vierde album, Love Language. Hierin benut hy invloede van Senegal, Spanje, Kuba en Indië.

Nathi se album Buyelekhaya, bekend om die enkelsnit “Nomvula”, is vereer as beste R&B/Soul/Reggae-album, beste nuweling, beste manlike kunstenaar, beste verkoper van ’n volle snit (vir aflaaidoeleindes) en beste verkoper van die jaar. Hierdie album het dubbelplatinumstatus in die eerste maand van uitreiking bereik en is meer as 2,9 miljoen keer afgelaai.

Op sy hakke volg die DJ en vervaardiger Black Coffee, met vier Samas. Die gospelsterSfiso Ncwane en die kwaito-groep Dbn Nyts het elk drie Samas gewen. Zonke is die beste vroulike kunstenaar van die jaar met haar album Work of Heart.

Vanjaar is drie musikante vereer vir hul lewenswerk – Nana Coyote en Bhekumuzi Luthulialbei postuum, asook die veteraan Roger Lucey. Samas in ander kategorieë is ook toegeken. Sien die volledige lys by www.samusicawards.co.za

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

SAMA 24: Die benoemings!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.