Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Varsity Sing en kykNET tref ’n hoë noot
Nuus

Varsity Sing en kykNET tref ’n hoë noot

Fanie Nel19 Junie 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Varsity Sports en kykNET snoer kragte saam om ’n nuwe koorkompetisie te loods. Varsity Sing saai vir die eerste keer op kykNET op 14 Julie 2016 uit, met 12 universiteitskore wat vir 13 weke lank teen mekaar gaan meeding om as Suid-Afrika se beste koor gekroon te word.

“Varsity Sing gaan Donderdagaande nuwe lewe gee vanaf Julie vanjaar,” sê Francois Pienaar, uitvoerende hoof van ASEM. “TV-gehore gaan deur die beste kore in die land geïnspireer en vermaak word. Verwag ’n kombinasie van tradisionele, kontemporêre en oorspronklike koormusiek tydens ’n indrukwekkende vertoning.”

Die eerste vier rondes van Varsity Sing, insluitende die semi-finaal, sal regstreeks voor ’n gehoor opgeneem word en van Julie tot September op kykNET uitgesaai word. Die kompetisie se finaal sal tydens ’n regstreekse musiek-ekstravaganza plaasvind, waartydens die Varsity Sing-kampioene bekend gemaak sal word.

“kykNET is baie opgewonde oor hierdie kompetisie en vennootskap met ASEM,” sê Karen Meiring, M-Net Direkteur: kykNET-kanale. “Koorsang is een van die gewildste kunsvorms ter wêreld wat uitgevoer word en in Suid-Afrika het ons uitstekende universiteitskore. Om hulle te kry om op nasionale TV op te tree en mee te ding sal koorsang na ’n volgende vlak van gewildheid neem.”

Die volgende universiteite neem deel:

Universiteit van die Wes-Kaap
Universiteit van Kaapstad
Stellenbosch Universiteit
Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit
Rhodes Universiteit
Tshwane Universiteit van Tegnologie
Universiteit van Johannesburg
Universiteit van Pretoria
Universiteit van Limpopo
Universiteit van die Vrystaat
Sentraal Universiteit van Tegnologie
Vaal Universiteit van Tegnologie

Sosiale media

Facebook: facebook.com/VarsitySportsSA en facebook.com/kyknet
Twitter: @VarsitySportsSA en @kykNETtv
Instagram: @VarsitySportsSA en @kyknettv
YouTube: youtube.com/VarsitySportsSA
Hutsmerk: #VarsitySing

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.