Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Franja du Plessis stel debuut-album vry

Afrikaans se pop koningin, Juanita du Plessis se dogter, Franja stel binnekort haar debuut-album, My Verhaal bekend.

Dit lyk of die appel nie vêr van die boom val nie, met Franja du Plessis wat binnekort haar musiek-debuut maak.

Die 22-jarige Franja het vinnig gemaklik geraak voor die mikrofoon nadat sy ‘n paar jaar gelede haar debuut op die grootskerm gemaak het.

Franja het ook onlangs meer optredes op haar eie begin doen nadat sy vir etlike jare saam met haar broer, Ruan en ma, Juanita op getree het.

Die opkomende ster deel ook graag fotos van haar gesin, waaronder tweeling broer Mario, ouboet, Ruan, ma Juanita asook haar kêrel Willie Engelbrecht, op sosiale media.

Dis duidelik dat die hegte familie baie by mekaar, en veral ma Juanita, leer as dit kom by musiek.

Hier is meer oor die CD:

1 – Stad Van Verlange

2 – My Verhaal

3 – Dra Jou Hart

4 – Ek Kan Nie Ophou Kyk

5 – Regte Een

6 – Kom Klim Nou Uit

7 – In Twee Geskeur

8 – My Gunsteling

9 – Dorp Rooi Verf

10 – Behoort Aan Jou

11 – Terug Na Die Begin

12 – ‘n Beter Plek

13 – Mooier As ‘n Mens

14 – Wil Jou Hart Nooit Breek

15 – Bly Altyd Hoop

16 – Kyk Dwarsdeur My