Nuwe Elizma Theron album op pad

Aanhangers van Elizma Theron kan uitsien na ’n splinternuwe album. Dié album is ’n country album en is ’n eerste vir Theron. “Wag al baie jare vir hierdie een en so opgewonde om dit met julle te deel.” skryf sy op haar Facebook-blad.

“Hier is die cover van my country album” brei sy uit. Die album sal na verwagting einde Augustus begin September vanjaar op die rakke wees.

“Kan nie wag dat julle saam met my Honky Tonk nie” vertel sy opgewonde.