Liza Brönner se nuwe musiekvideo is hier

Liza Brönner is beslis Suid-Afrika se Liefling en met haar nuwe album, wat in Julie vanjaar die rakke getref het, gaan sy nóg verder in gehore se harte kruip. Dié nuwe album volg kort na die sukses van haar vorige album Jy het my gevind’ wat ’n in-diepte kyk was in haar lewe, voor en na die Liefling reeks.

Haar eerste enkelsnit Hamer is soos die oorgrote meerderheid van die album liedjies, deur Liza self geskryf. Sy het ook hulp gehad van industrie veteraan, Jake Odendaal, wat ook vir die algehele produksie verantwoordelik was. Vaughan Gardiner het met die stemproduksie hulp verleen.

Liza het ook onlangs haar nuwe musiekvideo vir die snit, Verlief Op Die Idee Van My op die kykNET-program, Top 20 vrygestel. Dié video is vervaardig deur Christiaan Botha. Dis Liza se eerste musiekvideo in twee jaar.

Kyk gerus weer daarna hier: