Met musiekstyle en –tendense wat konstant verander, vat dit ’n merkwaardige musikant om relevant te bly vir byna vyf dekades.
Nuus
Heuning, een van die land se mees geliefde country-groepe, het besluit om weg te breek van hulle kenmerkende country-styl met ’n splinternuwe enkelsnit, Die Lied Wat Skree, wat beskryf kan word as ’n kontemporêre popliedjie.
Die splinternuwe en witwarm mannekwartet, Serenade, wat by Krone 5 hulle eerste amptelike buiging gemaak het se debuut-album, Bly Lief Vir My, is uiteindelik hier.
Die bekroonde, Juanita du Plessis, gaan binnekort ’n intieme konsert vir haar aanhangers in Polokwane aanbied.
Valeska Muller is een van daardie kunstenaars wat jou laat stilstaan wanneer jy haar vir die eerste keer hoor sing.
Jauni M beskryf haar eerste solo-enkelsnit, Niemand Anders, as ’n country-popsnit met ’n rock-ondertoon en dit pas perfek by haar unieke stem, wat spesifiek vir hierdie genre gemaak is.
Faraway George, ’n musikant van Pretoria, moes dié week sy kontrak vaarwel roep in VIA (DStv-kanaal 147) en Coleske Artists se werklikheidsreeks, Die Kontrak.
Mariska se eerste enkelsnit en haar debuut-album, Dankie, is vroeër vanjaar uitgereik en spog tans met die Nr. 1 posissie op Bosveld Stereo se Top 20!
Douvoordag (Ilse en Jattie de Beer), se debuut-album, Die Avontuur, is op Vrydag 5 Oktober 2018 via alle digitale platforms uitgereik.
Almero het lank nie meer enige bekendstelling nodig nie. Vanjaar is sy tweede in die musiekbedryf en sedertdien was daar al baie hoogtepunte.