Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Heuning verruil country vir pop met nuwe snit
Nuus

Heuning verruil country vir pop met nuwe snit

Redaksiespan14 Oktober 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Heuning, een van die land se mees geliefde country-groepe, het besluit om weg te breek van hulle kenmerkende country-styl met ’n splinternuwe enkelsnit, Die Lied Wat Skree, wat beskryf kan word as ’n kontemporêre popliedjie. Aanhangers is absoluut gaande oor die eindresultaat, wat pas vrygestel is, en reeds besig is om die radiogolwe oor te neem.

Die Lied Wat Skree se wysie is gebaseer op ’n bestaande Eurovision-liedjie (deur Mihai Alexandru en Alexandra Niculae) waarvoor die duo die regte bekom en Jeanette nuwe lirieke geskryf het. Dit gaan daaroor om jou drome te volg en sluit selfs ’n lekker stukkie jodel in as ’n ekstra verrassingselement.

“Ons kan absoluut vereenselwig met die liedjie en glo dat elke mens op ’n stadium op ’n plek kom waar hy of sy moet kies om op te staan en weer te probeer. Daar is ook ’n gedeelte in die liedjie wat lui: ‘As jy glo, staan op en kyk na bo,’ wat vir ons baie beteken,” vertel die musiekpaar. “Ons hoop die publiek gaan daarvan hou, maar al kan ons net in een persoon se lewe ’n verskil maak met die liedjie, sal ons baie bly wees.”

Luister hier na ’n voorskou:

’n Musiekvideo van dié treffer word einde Oktober vrygestel en is deur Johan van Vuuren geskiet by Laerskool Stephanus Roos en Hoërskool Hartebeespoort. “Ons wou graag passie uitbeeld en het besluit om op atletiek te fokus. Ons het ’n klein seuntjie gekry en sy karakter het ’n groot passie vir hoogspring. Die video wys hou hy, as klein seuntjie, probeer maar dit nie regkry nie en hoe hy hard werk en uiteindelik by ’n byeenkoms oorspring en wen,” verklap die groep. “Beeldmateriaal is oor drie dae verfilm en wat dit vir ons anders maak, is dat ons self baie betrokke was by die hele storielyn en die vervaardiging daarvan.”

Die Lied Wat Skree is die tweede vrystelling vanaf hulle nuwe album wat later vanjaar op die rak gaan wees. Maatstaf Vir My Hart, wat in April 2018 uitgereik is, is baie goed ontvang en het bo-aan die treffersparades van verskeie radiostasies en televisiekanale gepronk – waaronder Bosveld Stereo (107.5) waar dit die nommer een posisie op die Top 20 bekleë het. Die snit, wat deur Vaughan Gardiner geskryf is, kombineer ’n lekkerluisterwysie met hoendervleismooi lirieke en steek in jou kop vas lank nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het.

Heuning, wat bestaan uit Jeanette Pretorius en Hansie Roodt, het bekendheid verwerf vir hulle unieke moderne country-popstyl wat aanklank vind by oud en jonk. Die groep se selfgetitelde debuutalbum is in 2012 uitgereik en was onmiddellik ’n treffer onder jonk en oud. Nie net het dit in 2013 ’n Ghoema-toekenning vir Beste Country-album en ’n Huisgenoot Tempo-benoeming vir Beste Nuweling opgeraap nie, maar ook talle radiotreffers opgelewer, waaronder As ek Val, Bietjie Langer Bly, Drome, Skree en Ek Wil Met Jou Dans, asook talle suksesvolle musiekvideos wat vandag nog op die kassie te sien is. Die vrystelling van hulle album, Drome, in 2015 het vir hulle die geleentheid gegee om by die Crystal Palace in Bakersfield, Kalifornië, te gaan optree.

Nadat een van die oorspronklike groeplede, Henk Dercksen, in 2016 besluit het om Spanje toe te gaan was die musikantpaar steeds so in aanvraag dat Jeanette besluit het om die duo vir ’n lewendige orkes te verruil wat baie goeie aftrek gekry het. Hansie, wat op daardie stadium vir die orkes baskitaar gespeel het, het egter so goed ingepas as gevolg van sy talent en veelsydigheid dat daar besluit is om weer terug te keer na die groep se oorspronklike formaat.

LEES OOK: Nuwe Heuning-enkelsnit is ’n ‘maatstaf’ van hul sukses

Om mense se harte en lewens aan te raak met hulle musiek, is dié talentvolle alternatiewe country-duo se grootste doelwit en tot dusver kon hulle dit baie goed regkry. Met Die Lied Wat Skree  word Heuning se genre-horisonne nie net verbreed nie, maar bewys hulle ook dat dit moontlik is om iets uitsonderlik te skep in ’n musiekstyl wat soms geneig is om gewoon te wees.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.