Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Vuurwarm mannekwartet maak hul buiging
Nuus

Vuurwarm mannekwartet maak hul buiging

Redaksiespan12 Oktober 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die splinternuwe en witwarm mannekwartet, Serenade, wat by Krone 5 hulle eerste amptelike buiging gemaak het se debuut-album, Bly Lief Vir My, is uiteindelik hier, en musiekliefhebbers is in vir ’n reuse bederf!

Dié vier manne – Mynhardt, Juandre, Dawie en Fredric bring ’n aansteeklike vermenging van oorwegend klassieke stemme en -instrumente, met sterk pop- en selfs technoklanke na die Suid-Afrikaanse musiektoneel – die tipe vuur wat radiogolwe en verhoë regoor die land aan die brand sal sing.

Die veertien-snit-album is saamgestel uit keurige verwerkings van bekende gunstelinge, sowel as kraakvars nuutskeppings, wat almal die ryke harmonie van hierdie viertal ten toon stel – van barritongeure tot swewende, amper ondenkbaar hoë note; van delikate en minimalistiese oomblikke tot kragtige, volkleur-boekette van klank.

Nuwe werke sluit die titelsnit, sowel as snitte soos Hier Is My Siel, Picasso, As Die Waarheid Vir My Skree, Met Nuwe Oë en Somer Serenade in, terwyl dekweergawes van onder andere Michael Bolton se Go The Distance, Jo Black se Bring Die Hoop Weer Terug, Bryan Adams, Rod Stewart en Sting se All For Love en Kurt Darren se Hemel op Tafelberg in fluweelagtige harmonie tussen die album se omslae pronk.

Serenade en die sensasionele veertien-jarige sopraan, Erin Beck, se weergawe van Freddie Mercury en Montserrat se treffer, Barcelona, staan veral uit as ’n viering van Suid-Afrika se ryke musiekskat – iets wat diegene wat daarna luister van kop tot tone hoendervleis sal laat kry!

Die vier is dit eens oor wat hierdie album vir hulle beteken: “Ons is geseënd, bevoorreg en ver verby woorde trots om hier te kan wees, sê hulle. “Select se talentsoektog om hierdie groep te vorm het ons vanuit baie uiteenlopende lewensrigtings bymekaar gebring en gelei tot by’n finale produk waaroor ons baie opgewonde is. Ons vertrou dat die musiek ver en wyd geniet sal word!”

Serenade se debuut-album, Bly Lief Vir My, is nou landwyd asook op digitale platforms beskikbaar.

Luister dit hier op Apple Music:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.