Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Almero-album gee nuwe betekenis aan ‘Maandag’
Nuus

Almero-album gee nuwe betekenis aan ‘Maandag’

Redaksiespan8 Oktober 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Almero het lank nie meer enige bekendstelling nodig nie.  Vanjaar is sy tweede in die musiekbedryf en sedertdien was daar al baie hoogtepunte, waaronder ’n duet saam met Bouwer Bosch, Nul Is Nie Niks Nie, wat gebruik is as temalied van die jeugfliek met dieselfde naam.  Hy het ook die voorreg gehad om die verhoog met Bouwer te deel by die OppiKoppi-musiekfees in 2017.

Hy is nog net een-en-twintig jaar oud en spog reeds met sy eie kortverhaal, digbundel en twee enkelsnitte, wat almal baie goed ontvang is. Met sy mees onlangse kragballade, Monochromie, het hy sy plek ferm in die musiekbedryf ingeneem, maar nou het die tyd aangebreek om se eerste vollengte album, Maandag, bekend te stel.

Saam met die bekendstelling van sy album, reik hy ook nog ’n enkelsnit getiteld Vloedverlief ft. Reënwolf uit.  Vloedverlief is geskryf deur Almero en Danie du Toit (Reënwolf).  Dié liedjie is in Danie se woonstel in Stellenbosch geskryf, te same met nog drie ander liedjies vir die album.  Albei het gedink dit sal goed wees as hy saam sing op die lied. Danie het ook gehelp met die vervaardiging van al vier hierdie liedjies.

Luister hier na ’n voorskou:

“Vloedverlief is ’n gesprek tussen twee mense.  Die een wil opgee en die ander een wil die wêreld ingaan en baklei vir oorlewing.  Albei het twyfel, maar die een is bereid om te probeer. Ek en Danie het albei ’n liefde vir die vloedverhaal en die ark, en die liedjie spreek daarvan.  Ons almal woon soms in arke, maar dit is nie waarvoor ons gemaak is nie. Ons moet die branders in,” vertel Almero oor hierdie besonderse lied.

Die album, Maandag, het nie ’n duidelike oorsprong nie, maar Maandag was nog altyd vir Almero ’n dag met ’n baie duidelike gevoel en karakter.  ’n Begin en ook potensiaal. Die eerste lied op die album se naam is Maandagoggend en die laaste lied se naam is Maandagaand.

“My nuwe album is vir my ontsaglik spesiaal en persoonlik. Elke lied het ’n belangrike storie van my lewe en die verhale het my en die mense om my gevorm. Baie van my vriende en familie se stories is ook te vinde in die liedjies,” sê Almero.

Buiten vir Almero en sy broer, Nico Welgemoed, het verskeie musikante gehelp met die album se musiek en vervaardiging, onder andere:  Bouwer Bosch, Danie du Toit, Ruan Graaff en Peach van Pletzen. Die album word versprei deur Kanada Records.

LEES OOK: Almero reik kragtige ballade uit!

Oor sy samewerking met Danie du Toit van Spoegwolf sê Almero:  “Ek is ‘n baie groot aanhanger van Spoegwolf en van Danie, weens hulle uniek klank en lirieke.  Ek het ’n kans gevat om hom te vra of hy sal wil help my my album. Hy was baie gretig en ons het ’n week saam gewerk in Stellenbosch.  Dit was wonderlik om hom as mens en musikant te leer ken. Sy bydrae tot die album is ongelooflike groot”.

Sing is egter nie Almero se enigste talent nie. Buiten vir die feit dat hy ’n diep denker en slimkop is, wat nog altyd ’n sjirurg wou word, is hy ook ’n uitsonderlike skrywer en digter. Hy is tans besig om sy boek, Donderweer Gedagtes, te bemark en het in 2017 saam met Bouwer Bosch die digbundel, Liefde Wen, vrygestel.

“Die bundel handel oor die liefde en al die verskillende vorme daarvan. Mense en hulle verhoudings met mekaar inspireer my. Dit het begin as ’n digkompetisie. Ons het oor die 400 inskrywings ontvang en het ons gunstelinge gekies om deel uit te maak van die bundel,” sê hy.

Maandag is van vandag af beskikbaar op alle digitale platforms.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.