Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»’n Nuwe ‘oesjaar’ vir bekende Afrikaanse musieklegende
Nuus

’n Nuwe ‘oesjaar’ vir bekende Afrikaanse musieklegende

Redaksiespan15 Oktober 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Met musiekstyle en –tendense wat konstant verander, vat dit ’n merkwaardige musikant om relevant te bly vir byna vyf dekades. Afrikaanse musieklegende, Jannie du Toit, is een van daardie kunstenaars wat die toets van tyd kon deurstaan.

Hy het homself oor die afgelope paar jaar daarop toegespits om musiek van sy gunsteling-musikante, soos Jacques Brel, Jules de Corte, Koos du Plessis en Lucas Maree  te sing, maar het besluit dat dit weer tyd is om op sy eerste liefde en passie te fokus – naamlik om Afrikaanse liedjies te skryf en na die verhoog te bring. Die resultaat hiervan, is ’n splinternuwe album: Oesjaar.

Die eerste enkelsnit vanaf dié nuwe album, ’n aangrypende liefdesballade – Jy Kyk Sag, is vir sy vrou geskryf – hy en Therina Wentzel is in Junie vanjaar getroud. “Ek het die liedjie vir haar geskryf en moet erken dat dit my persoonlike gunsteling is,” verklap hy. “Buiten vir die feit dat dit ’n mooi liefdesliedjie is, het dit ook ’n lekker 60’s folk-aanslag, wat dit vandag anders maak as die deursnee.” Vriende en aanhangers wat dit al gehoor het, stem saam  dat dit dalk mooier is as Jannie se grootste treffer, ’n Liedjie Vir Jou.

Die nuwe album word in November vanjaar vrygestel. “Oesjaar ’n hoogtepunt en viering van agt-en-veertig jaar as ’n Afrikaanse kunstenaar, maar dit bevat slegs materiaal wat hierdie jaar geskryf is. Dit gaan oor wat ek glo, goed waarvoor ek hoop en oor die mense, plekke en dinge wat ’n verskil in my lewe gemaak het en steeds maak. Ek is vol vertroue dat die eindresultaat nie sal teleurstel nie,” sê hy.

Die nuutste vrystelling spreek ’n wye verskeidenheid temas aan. Daar is ’n huldeblyk aan die oorlede klavierlegende, Christa Steyn, wat vir vyf-en-twintig jaar Jannie se goeie vriendin, begeleier, mede-komponis, musiekverwerker op sy albums en musiekvennoot op wêreldwye reise was. Die titel van die liedjie is die woorde wat Christa self – in haar laaste hartroerende televisieonderhoud – vir Coenie de Villiers gesê het: Sy Genade Is Genoeg. Koffiekafeetjie is ’n nostalgiese onthouliedjie oor ’n koffiewinkel in Melville wat gereeld in die 1990’s deur kunstenaars besoek is, maar ook oor Badia Isaacs, die dame wat die hart en siel van die plekkie was.

Vat Die Pad gaan oor musiekreise saam met Christa, maar ook saam met sy huidige musiekkollegas oor meer onlangse ervarings. Dan is daar Ons Soek ’n Tata,  opgedra aan Madiba en op die titelsnit, Oesjaar gebruik Jannie ’n wingerd as beeld van sy musiekloopbaan: “Hierdie wingerd is my gawe, my pasella reg van Bo. Hierdie wingerd daag my uit om hard te werk en vas te glo. Hierdie wingerd is my hawe, sorg vir brood en sorg vir hoop. Stuur my weg op ver ver paaie, vir die hart om op te loop…”

Oesjaar bevat ook ’n paar bonussnitte – van vroeëre liedjies uit sy wingerd, waaronder Karen Zoid se opwindende rockverwerking van ’n Liedjie Vir Jou. Dié liedjie is presies veertig jaar gelede deur Jannie geskryf en dit het vanjaar opslae gemaak nadat Karen en Jannie dit opgeneem het vir haar program, Die Republiek van Zoid Afrika. Binne ’n uur na die uitsending, het dié opname bo-aan iTunes se treffersparade gepronk.

Oesjaar, wat deur die briljante Clinton Zerf verwerk is, sal bekendgestel word tydens twee spesiale vertonings by Mothership Studios in Philadelphia in die Wes-Kaap en by die Atterbury Teater in Pretoria op onderskeidelik Sondag 11 en Dinsdag 13 November 2018. Die album sal, via Vonk Musiek, beskikbaar wees op iTunes asook by uitgesoekte musiekwinkels.

Jannie se sololoopbaan het, byna ’n leeftyd gelede, afgeskop nadat hy sy regs- en taalstudies voltooi het. Gedurende sy studentejare in die 1970’s het hy in ’n pop- en rockgroep gespeel en was ook lid van die Afrikaanse folk-groep, Trilogie, wat reeds op die toetsuitsendings van SATV in 1975 verskyn het. Hy het in 1979 bekendheid verwerf as sanger en liedjieskrywer en het sy eerste solo-album, ’n Liedjie Vir Jou, in 1981 uitgereik. In die tagtigerjare skryf hy musiekblyspele vir Tukkies en in die 90’s bevorder sy JNS Musiek-maatskappy minder kommersiële Suid-Afrikaans musiek. Hy het in 2008 ’n ere-penning ontvang van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, asook – onder andere – in 2012 van Innibos Kunstefees vir sy bydrae tot die Afrikaanse Skryfkuns.

Deur die loop van sy dinamiese loopbaan, het hy verskeie albums vrygestel, waaronder  Drie-Uur In Die Môre (1987), Palet (1990), De Kleine Man (1994), Volgende Winter (1996), Geloof Hoop En Liefde (1998), Leeuspruit (2002), Diepverlange (2007), Onderweg (2011), Ligjare (2013), Doep Is Nie Dood Nie en Grenzeloos Nederlands (2014) en Die Eggo Van Jou Oë (2015). Twee verdere CD’s  is in 2016 uitgereik, naamlik sy Brel-album in vier tale en Kiekies – Lucas se Liedjies saam met Thean Kotzé.

Sy mees onlangse projek – voordat hy die uitdaging aangepak het om Oesjaar te skep – was ’n maandlange konsertreeks in België en Nederland in 2017. Intussen gaan sy programme soos Doep Is Nie Dood Nie, Bonjour Monsieur Brel, Kiekies – Lucas se Liedjies en Die eggo van jou Oë voort. In November word sy jaarlikse produksie, In Kersfeestyd, ook weer aangebied.

Om Oesjaar verder bekend te stel, onderneem hy in Desember ’n uitgebreide toer deur die Kaap. Hy sal begelei word deur sy top-ensemble: Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier/trekklavier) en Theuns Botha (perkussie).

Optredes sal by die volgende plekke plaasvind:

1 Desember:  Melville Kruiskerk  
4 Desember:  Kroonstad Micro Theatre and Showcase
5 Desember:  Surval Boutique Olive Estate, Oudtshoorn
6 Desember:  Theatre Bay Pasta Co, Jeffreysbaai
7 Desember:  Jongensdal, Stilbaai
8 Desember:  Gouda Hotel
9 Desember:  Die Boer, Durbanville
10 Desember:  Montagu Country Hotel
11 Desember:  De See Kat, Paternoster
12 Desember:  Die Ou Meulteater, Paarl
13 Desember:  Drostdyteater, Stellenbosch
14 Desember:  Tin Kitchen by Vensterklip, Elandsbaai
15 Desember:  Hermanus Ouditorium
17 Desember:  Showroom Theatre, Prince Albert
20 Desember:  NG Kleinmond, Bettiesbaai
21 Desember:  Nature’s Valley Gemeenskapsaal

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.