Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Juanita du Plessis vier 20 jaar se treffers in Polokwane

FOTO: Verskaf

Die bekroonde, Juanita du Plessis, gaan binnekort ’n intieme konsert vir haar aanhangers in Polokwane aanbied. Dié sangeres is vir slegs een aand – op 19 Oktober 2018 – by Meropa Casino and Entertainment World te sien.

Volgens ’n verklaring, wat onlangs uitgereik is, kan konsertgangers uitsien na talle bekende treffers tydens die vertoning. Van haar nuwe treffers op haar album, 20 Jaar Treffers, sal ook gehoor kan word.

Die album, wat reeds op die rak is, bevat treffers soos; Dankie Vir Jou Liefde, Gaan Groot, Kies Jou Weer, Hambamba,Toe Staan Die Wêreld Stil, Onthou My en vele meer.

Juanita, wat deur aanhangers in Suid-Afrika en Namibië bemin word, is ’n platinum-ster met talle musiektoekennings op haar kerfstok. Sy het ’n onblusbare verhoog persoonlikheid, uitstekende stem en weet hoe om haar konserte onvergeetlik te maak. In 2012 is sy aangewys as die enigste kunstenaar wat meer as twee miljoen albums verkoop het.

“Ons is opgewonde om Juanita op ons verhoog te kan hê. Sy het net ’n ongelooflike manier om mense se harte aan te raak wanneer sy sing. Moenie huiwer om jou kaartjies te kry nie,” sê Raksha Gunpath, PR en Promosie-bestuurder van Meropa.

Kaartjies vir die konsert is nou teen R150 by Computicket beskikbaar. Kinders tussen 3 tot 10 jaar betaal R100 en vir diegene jonger as 3 is dit gratis.