FOTO: Facebook
Ná twee jaar se stilte weens die Covid-19 pandemie is die gewilde Afrikaanse konsert, Afrikaans is Groot, weer terug op die planke.
“Die wag is verby, dis tyd om terug te kom huis toe!” Só is aanhangers van dié reuse konsert getrakteer in ’n bemarkingsvideo wat onlangs op sosiale media vrygestel is. Vanjaar se konserte vind plaas van 4 tot 6 November 2022 en weer 11 tot 13 November 2022 in die Sun Bet Arena by Time Square in Pretoria.
Bekende gesigte soos Riana Nel, Bok van Blerk, Elvis Blue, Corlea, Karlien van Jaarsveld, Demi Lee Moore, Ricus Nel, Ruhan du Toit, Jay, Jo Black, Refentse en Elandré keer terug na die verhoog terwyl Irene-Louise van Wyk, Bernice West, Riaan Benadé en Appel vir die eerste keer gesig wys op die verhoog.
Die wenner van die tweede seisoen van Die Kontrak, wat op 21 Augustus op eTV uitsaai, sal ook op die verhoog te sien wees!
Kaartjies vir die konserte open 26 Julie 2022 om 10:00 op iTickets.
- Afrikaans is Groot word met trots deur Virseker aangebied in samewerking met Jacaranda FM, eTV en Laeveld Agrochem.