Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Krone

Krone 7 skuif wéér: ‘’n Reuse konsert verdien ’n reuse gehoor!’

Redaksiespan11 Mei 2022
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die teleurstelling was groot toe Krone 7 in Augustus 2020 noodgedwonge uitgestel moes word as gevolg van die wêreldwye pandemie. Toe kom 2021 en dieselfde grendeltyd-regulasies sorg daarvoor dat die konsert weer uitgestel moet word. Nou, in 2022, is daar weer die besef: Die Krone-konsert gaan nóg ’n jaar moet wag.

As gevolg van die huidige Covid-reëls en -regulasies mag konsertsale nie meer as 50 persent vol wees nie. Enigeen wat al ’n konsert in enige van ons land se groot binnehuise ruimtes bygewoon het, sal weet dat dit ’n groot impak op ’n konsert op die skaal van Krone sal hê. ’n Konsert soos Krone moet eenvoudig net voor ’n reusegehoor gehou word.

“Ons het reeds begin werk aan die konsert wat ons glo in 2023 gehou sal word,” het Stephan van Huyssteen, bestuurder van lewendige optredes by Select Musiek, gesê. “Die datums waarna ons kyk is 18, 19 en 20 Augustus 2023 in Pretoria en 26 en 27 Augustus 2023 in Kaapstad en soos gewoonlik sal die grootste name in Afrikaanse musiek deel van die konsert wees. Ek verstout my om te sê dat hierdie, as’t ware Krone se terugkeer ná ’n drie jaar pouse, gaan groter as ooit wees.”

Alle kaartjiehouers wat kaartjies vir die konsert in 2020 gekoop het, se kaartjies kan na die konsert in 2023 oorgedra word. Kaartjiehouers sal deur iTickets gekontak word met inligting oor die nuwe datums en die opsie gegee word om dit oor te dra of om terugbetaal te word.

Krone is werklik ’n juweel in Afrikaanse musiek se kroon en 2023 gaan beslis weer bewys hoekom dit so is.

“Ons wil ons getroue ondersteuners bedank vir die ondersteuning die afgelope paar jaar,” het Ernst Kleinhans van Select Musiek gesê. “Ons sien uit om weer langs daardie groot verhoog saam met die getroue Krone-gehore te staan. Kan nie wag nie!”

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!
SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring
Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert
‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.