Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Afrikaans is Groot

Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

Redaksiespan9 Desember 2022
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Desembers is sinoniem met son, see en goeie musiek. Hartenbos Seefront, Dias-strand, Mosselbaaise kuiers, kampvuur gesellighede en natuurlik, jou gunsteling kunstenaars se musiek onder die sterre. Ons is baie opgewonde om met julle te deel dat die grootste feestelikheid nóg, hierdie Desember op jullle wag

Vanaf 23 tot 31 Desember 2022 gaan Afrikaans is Groot fees kom hou by die ATKV Hartenbos Amfiteater vir die heel eerste GrootFees.

Vier uithaler konserte is op die feesprogram: Afrikaans is Groot Buitelug, Country is Groot, Alternatief is Groot en die GrootJol. 

AFRIKAANS IS GROOT BUITELUG

22 en 23 Desember 2022

KLIK HIER VIR 22 DESEMBER KAARTJIES

KLIK HIER VIR 23 DESEMBER KAARTJIES

Afrikaans is Groot is jaarliks ’n hoogtepunt op die musiek kalender en sedert die ontstaan van dié konsert in 2012 kon gehore nie genoeg van hierdie gesogte konsert wat ons taal, musiek en ongelooflike kunstenaars tentoonstel kry nie. Kaapse gehore was teleurgesteld toe kaartjies vir Pretoria se AiG-konserte geopen het, maar kan nou uitsien na ’n buitelug weergawe wat die Hartenbos GrootFees op 23 Desember op ’n hoë noot gaan afskop.

Die kunstenaars wat feesgangers in die ATKV Amfiteater gaan vermaak is; Riana Nel, Jo Black, Riaan Benadé, Demi Lee Moore,  Elandré, Ricus Nel, Elvis Blue, Tarryn Lamb, Corlea en die top-2 van Die Kontrak 2, Dodo Nyoka en Samantha Leonard. 

Kaartjies vir hierdie konsert kos R350 vir die goue-sirkel, R250 vir algemene toegang en R125 vir kinders onder die ouderdom van 12. 

COUNTRY IS GROOT

28 Desember 2022

KLIK HIER VIR KAARTJIES

Die grootste country-konsert, Country is Groot, wat in 2019 in die SunBet Arena in Pretoria uitverkoop het word saam gesit deur die begaafde vervaardigers van die AiG-konsert en een ding is verseker: ons kunstenaars weet hoe om Country-musiek tot sy reg te bring. Hartenbos kan uitsien na ’n Country-konsert op 28 Desember 2022, soos nog nooit vantevore nie. Met van ons mees talentvolle kunstenaar wat in hierdie genre, selfs in Afrikaans, grense verskyf. 

Kunstenaars wat op die verhoog te sien sal wees is Chris Else, Ruhan du Toit, Demi Lee Moore, Riana Nel en Ricus Nel. 

Kaartjies vir Country is Groot kos R350 vir die goue-sirkel, R250 vir algemene toegang en R125 vir kinders onder die ouderdom van 12. 

ALTERNATIEF IS GROOT

29 Desember 2022

KLIK HIER VIR KAARTJIES

Die kopskud-generasie is een wat jy nie vlak moet kyk nie. Dié gehoor is uiters intelligent en die kunstenaars wat in hierdie genre Afrikaanse musiek skryf en sing bring iets na die tafel wat die hartklop van ’n hele generasie weerspieël. Die Alternatief is Groot-konsert spog met van ons mees talentvolle sangers en liedjieskrywers wat op 29 Desember 2022 die ATKV Amfiteater gaan ‘rock’.

Francois van Coke en sy orkes, Die Gevaar, Spoegwolf, Bernice West en Zaan Sonnekus is van die kunstenaars wat deel vorm van hierdie konsert. 

Kaartjies vir Alternatief is Groot kos R250 vir algemene toegang en geen onder 16’s word toegelaat nie. 

GROOT JOL

31 Desember 2022

KLIK HIER VIR KAARTJIES

’n Nuwejaar moet op ’n hoë noot begin en wat ’n beter manier as die grootste jol wat Suid-Afrika al ooit gesien het? Die GrootJol gaan die partytjie aan die brand steek waarna feesgangers en die kunstenaars skuins voor middernag af sal beweeg na die strand om die nuwejaar in te tel. Die jaarlikse Mnr. en Mej. Hartenbos sal ook op die GrootJol-verhoog aangekondig word. Dié konsert sluit nie net die GrootFees af nie, maar ook 2022. 

Bok van Blerk, Appel, Jay, Ivan Roux, Karlien van Jaarsveld, Droomsindroom, Riaan Benadé, Ricus Nel, Irene-Louise van Wyk, Bernice West en Die Kontrak 2 se Dodo gaan op die verhoog te sien wees. 

Kaartjies vir die GrootJol kos R250 vir algemene toegang en R125 vir kinders onder die ouderdom van 12. 

’n Feestelike atmosfeer met heerlike kosstalletjies, dag-vermaak, kroeë en natuurlik al die groot konserte wag op feesgangers. Daar is slegs ’n beperkte aantal kaartjies beskikbaar, so moenie op jouself laat wag nie. Kry NOU jou kaartjies vir die Afrikaans is Groot Hartenbos Groot Fees.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!
Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!
Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!
Die GrootJol toer die land plat in 2023!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.