Skrywer: Leoné Prinsloo

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

Sunel van der Linde se onafhanklike debuutalbum, Symptome wat sy onlangs uitgereik het, beloof om die simptome van liefde, seerkry, geluk, verliefwees en die lewe self te ondersoek. Hierdie talentvolle blondekop musikant se album, wat uit ’n mengelmoes van musiekgenres bestaan, is deur alledaagse gebeure geïnspireer.

Lees meer

Liani Reynolds se debuutalbum, Ligsoom, beloof om nie slegs vir haar ’n permanente plek in die harte van Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers te verseker nie, maar ook ’n versamelstuk te word, waarin luisteraars aspekte van hulleself stuk-stuk langs hulle lewenspad sal ontdek.

Lees meer