Marcato se tweede album, Vrede vir almal… wat onlangs bekend gestel is, beloof om hulle aanhangers met ’n splinternuwe klank en introspektiewe lirieke sowel as ’n stewige dosis sosiale kommentaar te verras.
Skrywer: Leoné Prinsloo
Kurt Darren se nuutste album, Laat die dansvloer brand bied oudergewoonte ’n groot verskeidenheid van polsende dansliedjies wat jou voete sal laat jeuk tot diepsinnige liefdesballades wat jou hart sal laat vermurwe.
Die immergewilde Steve Hofmeyr se 30ste album, Skree wat onlangs uitgereik is, maak weereens van daardie baie gewilde narratiewe aanslag gebruik waarmee hy jare gelede reeds die harte van soveel aanhangers gewen het.
Monique Steyn se langverwagte nuwe album, Mosaïek wat onlangs bekend gestel is, beloof om luisteraars te verras met ’n splinternuwe, baie meer volwasse klank as waaraan hulle tot dusver gewoond was.
Len Muller se tweede album, Oog van die storm wat vroeër vanjaar bekend gestel is, bied inspirerende en bemoedigende musiek met ’n baie sterk geestelike ondertoon.
Johan Anker van The Voice SA-faam het sy aanhangers se asems behoorlik weg geslaan met sy lang verwagte debuutalbum, Hoop & Bid, wat uiteindelik verlede maand vrygestel is.
Jannie Moolman en Corlea Botha se splinternuwe duet-album, Unforgettable, doen sy naam gestand deur luisteraars op ’n onvergeetlike reis deur van die mees gewilde liefdesliedjies van alle tye te neem.
Suzzi Swanepoel het soos ’n vars briesie oor die Suid-Afrikaanse musieklandskap kom waai met haar debuutalbum, Stukkies van my wat verlede maand vrygestel is.
Ruan Josh, beter bekend as Ruan du Plessis se lang verwagte debuutalbum, Eggo het die plaaslike musiekmark behoorlik aan die gons nadat dit verlede maand uiteindelik vrygestel is.
ADAM se vierde Afrikaanse album, Hoogtevrees wat vroeër vanjaar bekend gestel is, beloof beslis om hulle aanhangers onverhoeds te betrap.