Skrywer: Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

Die eerste episode van Bobby en Karlien van Jaarsveld se realiteitsreeks het Woensdag, 11 Januarie op VIA (DStv-kanaal 147) afgeskop! In dié episode het Bobby en Karlien se ouma hul uitgedaag om vir 48 uur in die Abraham Kriel Kinderhuis te gaan bly. Kykers was maar skepties vóór die program, maar het gou ’n ander deuntjie gesing na die hartroerende episode. Chris-Marié Groenewald sê: “Fantastiese realiteitsprogram. Taamlike trane gestort, verwerping, ek ken dit, sensitiewe saak, ja, die program het aan my gevat.” “Ek was aanvanklik skepties aangesien ek geen fan van Karlien is nie. Dit was egter ’n uitstekende eerste…

Lees meer

Die sanger Snotkop, oftewel Francois Henning, moes Woensdagmiddag baie vinnig ’n paar besittings bymekaarmaak en uit sy huis in Simonstad vlug toe huise daar aan die brand begin slaan. “My ma, Esther, woon ‘n bietjie hoër bergop en sy moes eerste ontruim. Ek het gejaag om haar te gaan help en ’n paar goedjies in die kar te sit, want sy is nie meer vandag se kind nie. Ons is daarna na my huis, maar dit was nie eens ’n halfuur nie, toe hoor ons ons moet ook ontruim.” Volgens Francois het mense nogal paniekerig geraak. “’n Mens kan mos…

Lees meer

Die nuwe skooljaar het vandag aangebreek en dié bekende sangers het hul kinders se foto’s van hul eerste dag op skool in die sosiale media gedeel. Die sanger en Reis na Gister-aanbieder Jak de Priester se oudste, Jamie, het vandag die grootskool aangepak. “Hare gekam. Gereed vir graad 1! Sterkte my kind. Ek is daar vir jou,” het Jak op Instagram geskryf. Hare gekam! Gereed vir Gr1! Sterkte my kind..ek is daar vir jou! #graad1 A photo posted by jak de priester (@jakdepriester) on Jan 10, 2017 at 9:13pm PST Dit was dubbele emosies, want hul dogter, Mija, het vandag…

Lees meer

“Vandag is ons 6 jaar getroud. Al deur hemel en hel, maar ek sal jou weer en weer kies elke dag. Baie lief vir jou.” Dan volg 7 hartjie-ikone. #LiefdeEnWynWen. Het die sanger, Bobby van Jaarsveld op sy Instagram-profiel geskryf ná hy en sy vrou, Annatjie, hul sesde huweliksherdenking gevier het. Bobby is ook vanaf 11 Januarie op VIA te sien. Kyk na Bobby en Annatjie se trouvideo hier:  En gister het Kurt Darren en sy vrou, Dunay, ook hul 6de huweliksherdenking gevier. Die Afrikaanse sanger het sy vrou met ’n Bosveld-ete bederf. Hul twee kinders, Kyrah en Kade, was…

Lees meer

Teubes Wyne is trots om die derde Oeskoors-Fees aan te bied. Die opgewondenheid vir die 2017 druiwe-oestyd in die Matzikama-streek is aansteeklik en die feesvieringe gaan dit verder vier. Teubes Wyne is ‘n familie-wynplaas wat fokus op gehalte wyn en is deel van die Weskus-wynroete. Hulle het 4 wynreekse naamlik, Teubes Family Wines, Lambertsbay’s Finest, Malkopbaai en Karoobossie en is passievol oor die skep van Sauvignon Blanc. Hierdie wyne is landwyd beskikbaar. Die eerste Oeskoors-Fees is in 2014 aangebied en was ‘n reuse sukses. By die 2017 fees kan besoekers deel neem aan vele aktiwiteite en luister na optredes van…

Lees meer

Daar is jaarliks een groot gebeurtenis op die musiekkalender: Ghoema-musiekpryse. Tydens dié glansaand sit van ons land se grootste musikante hul beste voetjie voor, en in 2016 was die aand gevul met van ons land se blinkste sterre! Kyk hier na die bloutapyt-video: Dié 2016 toekenningsaand word Saterdag, 7 Januarie 2017, om 20:45 op kykNET uitgesaai. Bly ophoogte van jongste toekenningsaande hier.

Lees meer

Jammer manne, Franja du Plessis, is gevat! Ja, jy het reg gelees. Die sangeres Franja du Plessis (23) is verlief en verloof! Haar aanhangers sukkel die afgelope tyd om die knewel van ‘n ring aan haar ringvinger mis te kyk en wens haar gedurig geluk met die blye nuus. #tbt #throwbackthursday na ‘n aand uit so 2 weke terug! #vakansie #lekker #liefde #verliefenverlore A photo posted by Franja Du Plessis (@franjadp) on Jan 4, 2017 at 9:18pm PST Franja het verlede jaar haar debuutalbum, My Verhaal, uitgereik en het sedertdien flink in haar bekende ma, die sangeres Juanita du Plessis,…

Lees meer

Die glanspaartjie Bok van Blerk en Hanna Grobler het onlangs vir die eerste keer ouers geword.  Bok van Blerk se mediawoordvoerder, Jenny Griesel, het die nuus Woensdag bevestig. Bok en Hanna, wat bekend is daarvoor om uit die kollig te bly, het die nuus vir die duur van die swangerskap uit die media gehou. Hulle is in Mei 2015 deur “diep waters” toe hulle hul seuntjie verloor het. Hy is doodgebore. Jenny sê dat die paartjie in dié stadium nog geen ander inligting rakende hul eersteling bekend gaan maak nie, net dat beide ma en die baba gesond is. Hulle…

Lees meer