Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Sanggroep keer terug na die verhoog vir een aand

Die immergewilde sanggroep, Romanz, gaan ná twee jaar terug keer na die verhoog vir een aand ten bate van Adam Barnard en ander.

Adam Barnard, ’n lid van dié groep, lei aan permanente nierversaking. Dié groep het dit goed gedink om op 25 Julie wéér op te tree by die Moreleta Park Ouditorium in Pretoria, om te help met die Adam en ander se mediese uitgawes.

Konsertgangers kan uitsien na van hul grootste treffers tot dusver. Kaartjies vir die konsert is reeds beskikbaar by iTickets en wissel tussen R10 en R120. Daar is ook ’n aantal gratis plekke beskikbaar.

Luister na ’n speellys van dié groep op Liedjie: