Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Sharoney se lig skyn helder
Nuus

Sharoney se lig skyn helder

Redaksiespan11 Mei 2017
Foto: Fathom Media
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Hooffoto: Fathom Media

Sharoney het die afgelope paar jaar haar plek in Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers se harte losgesing. Haar borrelende persoonlikheid en lekkerluister-popstem, is die perfekte pasmaats vir haar splinternuwe album, Skyn, wat eersdaags uitgereik word. Hierdie nuwe vrystelling, uit die pen van ADAM en Vaughan Gardiner, is vars en modern en bestaan hoofsaaklik uit opgewekte dansmusiek – met lirieke en wysies wat luisteraars vir lank sal bybly.

Die titelsnit, Skyn, is ook die eerste enkelsnit vanaf die nuwe album wat gedurende die week van 8 Mei 2017 vrygestel word. Dit is Hugo Ludik en Vaughan se handewerk en is nie net sag op die oor nie, maar het ook ’n kragtige en inspirerende boodskap, wat aanklank vind by gehore van alle ouderdomme.

“Hierdie liedjie is inpirasie om nie toe te laat dat die dinge van die wêreld ’n maatemmer oor die lig, wat jy uitstraal, sit nie. Om jouself te wees en te glo in wie jy is as mens. Jy is jy en dis wat jou laat skyn,” sê sy.

“Die snit beteken vir my so baie. Dit gee my eintlik ’n knop in die keel as ek daaraan dink en selfs wanneer ek dit sing. Ek het self al hindernisse teëgekom, wat ek nie gedink het ek sou kon oorkom nie. Deur genade het ek, en dit is nou my tyd om te skyn. Ek hoop en vertrou dat ek dit met elke tree van my lewenspad sal doen.”

Die musiekvideo vir die enkelsnit is ook in die pyplyn en sy is baie opgewonde om saam met die span van Fathom Media daaraan te werk. Alhoewel sy nog nie te veel oor die eindbeplanning wil verklap nie, meen sy dat die storie wat in die video vertel gaan word, die tema van die liedjie perfek sal komplementeer.

Luister na ’n voorsmakie van Skyn hier:

“Ons beplan om die musiekvideo in ’n industriële area te skiet en om sowat 60 ekstras en die silhoeëte van geboue en fabrieke in te span om die regte atmosfeer te skep en die video uniek te maak. Die hele proses voel vir my soos toneelspeel, so ek hou daarvan om op stel te eksperimenteer en my akteursvernuf uit te toets. Dis iets wat ek baie geniet,” deel sy.

“Ek wil graag hê dat my musiek ’n positiewe effek op luisteraars moet hê. Ek wil iets agterlaat wat ’n verskil kan maak, ander inspireer en deel wees van die oplossing. Die musiek moet aanklank vind by oud en jonk, en moet die tipe musiek wees waarna gesinne met vakansie kan luister, jonges by ’n kuierplek of om ’n braaivleisvuur kan speel en mense op kan dans, dit maak mos van ons Afrikaans.”

Sharoney het in 2014 die musiekwêreld amptelik betree toe haar eerste enkelsnit, Een Keer, wat deur ADAM se Hugo Ludik en Reynardt Hugo geskryf is, binne enkele dae die trefferleer begin klim het en sommer vir lank bo-aan, al wat ’n treffersparade is, gekuier het. Die musiekvideo is net so goed ontvang en kan gereeld op kykNET, SABC 2 en ASTV gesien word.

Kort daarna is haar debuutalbum, In Ons Fairytale, vrygestel en dit was ook ’n kitssukses wat aan haar in 2015 twee Ghoema-nominasies (Nuweling van die Jaar en Beste Pop-Album deur ’n Vroulike Kunstenaar), asook ’n benoeming vir ’n Huisgenoot Tempo-toekenning (Nuweling van die Jaar) besorg het.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.