Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Vrystaat Kunstefees bied weer top gehalte musiek
Feeste

Vrystaat Kunstefees bied weer top gehalte musiek

Redaksiespan8 Mei 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die Vrystaat Kunstefees, wat vanjaar vanaf 16 tot 22 Julie in Bloemfontein aangebied word, beloof weer musiek vir elke oor. Die program sluit onder meer kunstenaar soos Laurika Rauch, Elvis Blue, en selfs Die Radio Kalahari Orkes in.

Laurika Rauch en Loki Rothman: Blou
19 Julie | 20:30 | R140
Sand du Plessis Teater
Klik hier vir kaartjies

Laurika en Loki se samewerking op die verhoog, het met die herskepping van Laurika se ikoniese treffer, Blou – as ’n duet vir haar nuutste album – Die Reis, begin. Die opname en video van die liedjie, doen tans buitengewoon goed op die video treffersparades sowel as op baie radiokanale. Loki Rothman is reeds bekend en geliefd – nie net as begeleier nie, maar ook as solokunstenaar in eie reg. Sy virtuose perkussiewe kitaartegniek is verstommend om te beleef en sy aanslag en stem, gekombineer met Laurika se stem en unieke vertolkingsvermoe, maak hierdie vertoning ’n buitengewone musiekervaring.

Elvis Blue: Kaal
18 Julie | 20:00 | R130
19 Julie | 17:00 | R130
Kopanong Ouditorium
Klik hier vir kaartjies

Elvis Blue soos jy hom nog nooit gesien het nie. In hierdie roerende vertoning, begelei deur gesogte musikante, sal jy ou en nuwe liedere uit Elvis se pen hoor. Rou, eerlike musiek, briljant vertolk. Komies, aangrypend en hartroerend – kom ervaar Elvis Blue, Kaal.

Die Radio Kalahari Orkes
21 Julie | 17:00 | R120
22 Julie | 18:30 en 21:00 | R120
Aasvoëlklub
Klik hier vir kaartjies

Die Radio Kalahari Orkes het ’n splinternuwe album getitel Mamba. Die Radio Kalahari Orkes is ’n roots-musiekgroep en opwekkingspredikers wat delf in die verlede vir inspirasie. Hulle maak musiek wat begin in jou voete en deur jou hart reis tot in jou kop. Elke album is ’n testament van waar die skrywers hul bevind ten tye van die opname, met die doel om musiek te maak wat weerspieel waar hulle op die oomblik in tyd is, deur middel van liedjies wat op die oog af uit ’n ander era dateer.

Kahn en Karen Zoid
18 Julie | 20:30 | R250
Sand du Plessis Teater
Klik hier vir kaartjies

Kahn en Karen Zoid het oorweldigende lof ontvang met die bekendstelling van hul treffer We Could Be Divine. Hul vertoning, ondersteun deur M-Net, beloof om een van die musikale hoogtepunte van die jaar te wees. Die twee musiekikone saam op die verhoog beloof ’n onvergeetlike ervaring wat gehore sal gaande hê.

Jak de Priester: 15 Jaar met klavier en kitaar
19 Julie | 20:30 | R125
20 Julie | 13:00 | R125
Kopanong Ouditorium
Klik hier om kaartjies te koop

In 2017 is dit 15 jaar sedert Jak de Priester sy debuut met Sally Williams Nougat gemaak het. Sedertdien het hy agt albums, ’n kinderalbum en -DVD en twee boeke vrygestel, verskeie temawysies vir televisie geskryf en gesing en die gewilde TV-reeks Reis na Gister aangebied. Hierdie produksie is ’n viering van sy lang loopbaan met musiek van sy nuwe album, 15.

Koos Kombuis
21 Julie | 20:30 | R120
Aasvoëlklub
Klik hier om kaartjies te koop

Koos Kombuis bring sy nuutste CD, Langpad na Lekkersing, na die Vrystaat Kunstefees. Kom luister en kuier saam met Koos in die Aasvoëlklub.

Chris Chameleon: Bokkie Bybie Liefie
20 Julie | 20:30 | R125
21 Julie | 13:00 | R125
Kopanong Ouditorium
Klik hier om kaartjies te koop

Afrikaanse liefde is soos geen ander liefde. ADBBL gaan die liefde in Afrikaans blootle met ’n kombinasie van musiek, liriek, digkuns en staaltjies oor daardie een ding wat nie net Afrikaanse mense nie, maar ook elke ander mens in hierdie wereld saamsnoer – die liefde. 70% van die musiek is nuwe werke en nuwe verwerkings. Chris Chameleon en Schalk Joubert span saam om stof tot nadenke te bied, prikkels vir die maagspiere te verskaf en doepa vir die hart toe te dien. Dis ’n goedvoel produksie.

Bly op hoogte van die jongste Vrystaat Kunstefees-nuus hier.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza
Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!
Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’
SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.