Hierdie drie video’s, vorm saam ’n kort film, wat aaneenlopend kykers op die punte van hulle stoele sal hou. Die trilogie simboliseer die stryd wat Appel teen die dood oorwin het drie jaar terug, en dit belowe om die hartsnare te ruk. Die videos vir die liedjies Lei My Na Die Water, Kom En Lê My Neer en die ode aan sy vrou Vroumens sal deur die loop van Mei en Junie vrygestel word. Daar kan groot verrassings verwag word in hierdie tydperk. Die video’s was verfilm deur die bekroonde Gerhard van Rooyen. Besoek gerus ook die Appel Trilogie-webblad vir…
Skrywer: Redaksiespan
Kyk hier na Jo Black se musiekvideo vir die snit Skepe.
Die gewilde Madeliefie Makietie-fees, wat jaarliks op Vredendal aangebied is, verhuis na Strandfontein, die juweel stranddorpie aan die Weskus.
Ampie het onlangs sy nuwe musiekvideo vir die liedjie Ek Wil Net Jou Hand Vashou bekendgestel. Kyk dit hier.
Elvis Blue se nuwe musiekvideo vir die liedjie Die Brug is pas bekendgestel. Kyk gerus na die video hier.
Kerry Lee is lankal nie meer ’n onbekende naam in die musiekbedryf nie. Sy is onlangs vir ’n Ghoema-toekenning benoem vir haar album Dans In Die Reën en haar eerste twee enkelsnitte, Hals Oor Kop en Op ’n Skaal Van 1 – 10, vanaf hierdie album, kan nog gereeld op radiostasies landwyd gehoor word. Sy het ook al gesig gewys op programme soos Jukebox, Weekend Live, JAM en vele ander. Sy is gebore in Durban en het skoolgegaan by die Laerskole Witrivier en Nelspruit en het haar Hoërskool loopbaan aan die Hoërskool Zwartkop voltooi. Sy het groot bewondering vir kunstenaars…
Hooffoto: Kunste Onbeperk Twitter Gehore kla oor die gehalte van Suid-Afrikaanse musiek. Plaatemaatskappye en kunstenaars is besorg oor dalende musiekverkope en krimende inkomste. Die kunstefeeste, borge en programmeerders wonder wat hulle te doen staan om groter gehore te lok en nuwe talent te bevorder. Die skrywer, Danie Marais, gesels met kenners oor dié kwessies wat die musiekbedryf in die gesig staar vanaf die Artscape Teater kompleks in Kaapstad. Die eerste paneel bestaan uit Jaconell Mouton, Emo Adams, Willem Breytenbach, Carien Loubser en Churchill Naudé. Emo Adams se oplossing is dat kunstenaars aan hul brand moet bou, en nie verloor wie…
Die veteraan kunstenaar, Lance “Big Daddy” James vier sestig goue jare in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf met nóg ’n roerende tweetalige country-album. Lance James het bekendheid verwerf vir onder meer die treffers Dankie, Vicki, Bloedrooi Die R ose, Bymekaar in duet saam met Min Shaw, After The Fire Is Gone en Somewhere Between saam met Barbara Ray. Lance is een van die min lewende legendes wat nog gewildheid behou, in aanvraag is en onverpoosd treffers oplewer en toekennings inpalm! Hy was in die 70’s en 80’s ook ’n aanbieder op Springbokradio van verskillende radioprogramme, onder meer Munt uit Musiek en Keep…
Wil jy jou ma spesiaal laat voel vandag? Bederf haar met een van Kurt Darren, Steve Hofmeyr of selfs Joe Fosters se treffers op Liedjie. Sluit aan R49,99 en kry die eerste maand gratis. Klik hier om na ons speellys te luister.
In samewerking met GrootTunes Gerhard Steyn se dogtertjie Zardi, het onlangs een jaar oud geword. Gerhard het foto’s van haar verjaarsdagpartytjie eksklusief met ons gedeel. Hy het ook ’n liedjie Nooit Alleen, spesiaal vir haar geskryf. Dié liedjie is op sy album Hartvanger, wat digitaal op GrootTunes beskikbaar is. Kyk hier na die foto’s: