Ná die weghol sukses van die trio, Tussen Sterre, se debuut enkelsnit, Wonder Steeds, is hulle terug met ’n nuwe enkelsnit, Vir Ewig ’n Goeie Tyd.
Die musiekvideo daarvan is onlangs bekend gestel en dis net betyds vir die somervakansie.
Tussen Sterre is Suid-Afrika se nuwe, vars Afrikaanse Pop/Rock-groep wat in 2015 gestig is deur Jan-Mattys van Lill, Martin Clifford Earle en SJ van Dyk.
Tussen Sterre se eerlike lirieke, ernergieke musiek en elektriese klanke is bestem om mense van alle ouderdomme regoor Suid-Afrika aan te raak.
Die groep beoog om die Arikaanse mark te revolusioneer met hul unieke skryfstyl en passie om die Afrikaanse taal lewendig te hou.
Kyk die musiekvideo hier:
“Ons maak nie net musiek nie, ons verduidelik emosies wat mense oor die algemeen mee sukkel om met woorde te sê” vertel hulle.
Bly op hoogte van dié groep op sosiale media. Like hulle Facebook-blad, volg hul op Twitter of Instagram.
