Skop uit jou skoene en Super Sokkie saam

Wat kry jy as jy al die stoele uit Carnival City se Big Top Arena uithaal en omskep in die grootste sokkiedansvloer in Suid Afrika, net vir een aand?

Gooi van die grootste name in Afrikaanse sokkie musiek, Kurt Darren Snotkop, Ray Dylan asook die opwindende nuwe naam op almal se lippe, Brendan Peyper in en jy kry Super Sokkie.

Dié vierure lange konsert gaan beloof vir dans sonder ophou en boonop word dit op Saterdag, 31 Desember aangebied om die nuwejaar in te sokkie.

Liedjies soos Kaptein, Cool soos Koos Kombuis, Jessica, Stop, Wag, Bly Nog ’n Bietjie en vele meer treffers gaan sorg vir die lekkerste sokkie ooit!

Kaartjies is reeds by Computicket beskikbaar en die Super Sokkie album is landwyd beskikbaar.

98257_851