Willem Botha en Leah pak oorde-toer aan dié Desember
As jy dié Desember vakansie hou by een van ons land se oorde het ons goeie nuus vir jou. Leah en Willem Botha kuier vir die volgende paar weke by elk van ons oorde.
Só lyk die toerprogram:
17 Desember: ATKV-Drakensville
19 Desember: Loskopdam Forever Resort
21 Desember: ATKV-Klein-Kariba
22 Desember: ATKV-Buffelspoort
Hou gerus CO Productions se Facebook-blad, Twitter en Instagram dop vir daaglikse opdateerings.