Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Steve Hofmeyr spog met mooiste Kersgeskenk

Die sanger en liedjieskrywer, Steve Hofmeyr en sy vrou Janine verwag ’n baba dogtertjie. Die sanger het die blye tyding op sy Facebook-blad gedeel.

Steve het reeds vier seuns waarvan, Armand Hofmeyr en Devon Hofmeyr ook in die vermaaklikheidsbedryf is.

In sy inskrywing noem hy dat dit steeds ’n risikogeval is, as gevolg van hul ouderdom, maar glo dit gaan ’n wonderwerk wees. Die paartjie is in die wolke oor die koms van hul dogertjie.

Hy nooi egter sy aanhangers uit na Romy-Lee se 1ste verjaarsdag op 1 Julie 2018.


Baie geluk julle!