Doen Meiring verras met splinternuwe somerstreffer

Die sanger en liedjieskrywer, Deon Meiring, is terug met ’n splinternuwe musiekvideo en enkelsnit, Ek Behoort Aan Die See, en dis net betyds vir die feesseisoen.

Deon skryf op sy webblad: “Ek het naby aan die see grootgeword in Humansdorp. Dis ’n plattelandse dorpie so min of meer tussen Jeffreysbaai en St.Francis en Kaap St. Francis. Ek is my hele lewe lank lief vir die see (soos baie ander mense).”  

Kyk die video hier:

Dit is die eerste keer in sy lewe dat hy ’n liedjie skryf as ’n definitiewe huldeblyk aan die see.  Die video is ook verfilm in Jeffreysbaai, St.Francis en Kaap St. Francis.  

Deon voeg ’n intressante feit by: Die liedjie gaan nie net oor die see nie, maar is ook in C.

Klik hier om die liedjie op iTunes te kry. 

cropped-cropped-deon_slaapkamer_cover_web1

Bly op hoogte van Deon se doen en late op Facebook, Twitter en Instagram.