Voorbereidings vir Innibos 2016 aan die gang

Voorbereidings vir die konserte wat plaasvind op die Standard Bank verhoog by Innibos 2016 verloop reeds seepglad. Van Suid-Afrika se top kunstenaars het vandeesweek byeen gekom by Weiveld in Pretoria om voor te berei vir die fees.

Innibos skop Woensdag, 29 Junie af in Mbombela. Dis die vyftiende jaar wat dié kunstefees aangebied word.

Die blouoog-sangsensasie, Brendan Peyper het ’n video op sy Instagram gedeel. Hy het vertel hoe opgewonde hy is om sy musiekheld, Dozi te ontmoet.


Joe Foster het ook so paar kiekies gedeel op sy Facebook-blad. Hy is deel van die Jacaranda FM konsert wat plaasvind op Saterdag, 2 Julie.

Weiveld het ook nie terug gehou met die foto’s nie. Hier is ’n agter-die-skerms voorsmakie saam met Jay en Lianie May.

Klik hier vir alle Innibos 2016 nuus en gebruik die hutsmerk #DroomGroot op sosiale media.