Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Voorste kunstenaars trek saam in die Matzikama
Feeste

Voorste kunstenaars trek saam in die Matzikama

Fanie Nel29 Junie 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Karen Zoid, Theuns Jordaan, Kurt Darren, Snotkop, Wynand en Chereé, Elvis se Seun, Adam, Wicus van der Merwe, Rooies, Liza Brönner, Ricus Nel, Hendrik Spangenberg, Dr. Victor & The Rasta Rebels en Refentse Morake is van Suid-Afrika se voorste kunstenaars wat vanjaar by die Madeliefie Makietie in die hart van die Matzikama gaan optree.

Madeliefie Makietie vind vanjaar van Donderdag, 29 September, tot Sondag, 2 Oktober 2016, op Vredendal plaas. Benewens die groot buitelug-verhoog, pretpark en stalletjies word die Pars-en-Proe-lokaal omskep in ’n kontrei-kos-deli met die streek se wyne.

Die fees spog ook vanjaar met ’n volledige landbou-uitstalling waar verskeie spelers uit die landboubedryf betrokke sal wees. Ondernemings wat by die landbou-ekspo betrokke  wil wees of ander stalletjies by die fees wil bedryf, kan nou reeds hier aansoek doen.

Cindy Schade, skakelpersoon van die fees, sê feesgangers moet nou reeds verblyf op Vredendal bespreek. “Verblyf in die streek is beperk. Maak seker jy word nie aan die slaap gevang nie, so bespreek vroegtydig.  Vredendal bied ’n wye verskeidenheid van hotelle, gastehuise, kampeerterreine en meer om van te kies. Blaai gerus hier deur ons verblyf opsies.

Volgens Schade is Madeliefie Makietie ’n voltydse leefstyl-projek om die jeug van die streek te ondersteun. Van die inkomste word gebruik om fasiliteite by skole te skep.  “Tydens die fees is dit vir ons ook belangrik om waarde vir ’n veilige en gesinsvriendelike atmosfeer te skep. Ons is baie trots dat ons dit juis verlede jaar met sukses kon regkry.”

Die Mej. Madeliefie Makietie is elke jaar ‘n hoogtepunt in die streek. Inskrywings vir Mej. Madeliefie, wat op Donderdag, 29 September plaasvind, is reeds oop. Snotkop gaan optree as seremoniemeester.Inskrywings kan op die fees se webtuiste gedoen word.

Kaartjies is nou by Computicket beskikbaar en jy sal nie glo hoeveel waarde vir geld jy gaan ontvang vir die verskeidenheid van vermaak wat jy by vanjaar se fees sal geniet nie. Kaartjies wissel vanaf R60 tot R120 per persoon.

Besoek Madeliefie Makietie se webblad vir alle feesinligting en hul Facebook-blad.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza
Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!
Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’
SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.