Top 20: Stem nóú vir jou gunsteling

Afrikaanse Musiek Nuus stel met trots ons eie top 20 bekend. Die top 20 word deur jóú bepaal. Stemme word aanlyn uitgeoefen en jy kan soveel as wat jy wil stem. Die top 20 sal Vrydae bekend gemaak word en stemme sal elke Sondagmiddag open.

Brendan Peyper wat onlangs vir drie Huisgenoot Tempo’s benoem is, se treffer Boeredrukkie Vir My Boeremeisie spog op die benoemingslys. Refentse wat onlangs sy splinternuwe musiekvideo vrygestel het vir die liedjie Baby Wat Eet Ons Vanaand, is óók op die benoemingslys.

Snotkop spog deesdae met ’n splinternuwe album #HKGK, sy treffer Cool Soos Koos Kombuis is deel van die benoemdes. Franja du Plessis het onlangs ook haar debuut-album My Verhaal vrygestel. Haar eerste enkelsnit, Stad Van Verlange is deel van die benoemdes.

Klik hier en stem vir jou gunsteling. Hou elke Vrydag ons sosiale media dop vir die resultate.