Joe Foster sterk aan ná noodoperasie

Die gewilde Joe Foster wat onlangs die Ghoema vir Manlike Kunstenaar Van Die Jaar ingepalm sterk tans aan in die hospitaal ná hy sy hand gebreek het.

Volgens Wian Smith, Joe se bestuurder sit hy met ’n fraktuur in sy regterarm en is ’n noodoperasie toe gepas wat genadeglik nie sy pols affekteer nie.

Joe Foster is volgende week deel van die Jacaranda FM konsert wat plaasvind op 2 Julie by Innibos.