Nuwe Pieter Koen musiekvideo ’n móét kyk

pieter-boobs-boude-bene

Die gewilde sanger en televisie-aanbieder, Pieter Koen is terug met ’n splinternuwe enkelsnit en natuurlik spog by met ’n kraakvars video wat met dié treffer gepaard gaan.

Boobs, Boude, Bene is Vrydag eksklusief op iTunes vrygestel en nes sy vorige treffers soos, Tattoo en Drie Susters lekker tong-in-die-kies liedjies wat gaan sorg vir lekker saamsing-oomblikke.

Pieter Koen het reeds die vermaaklikheidsbedryf in 1997 betree, maar dis die treffer Skud Jou Buscuit wat van hom ’n huishoudelike naam gemaak het. ’n Dekade later spoor hierdie status, nege albums en ’n rits toekennings die sanger nog steeds aan om musiek te maak.

As Pieter Koen nie musiek maak nie, hou hy sy lyf aanbieder op Kwêla wat Woensdae om 20:30 op kykNET uitgesaai word of op Jukebox wat Saterdae om 19:30 op kykNET NOU! uitgesaai word.