Bekende sanger en liedjieskrywer haak knoop deur

Die sanger en liedjieskrywer, Rudi Claase, wat deel is van die groep Die Lieflinge, het Dinsdag tydens ’n intieme geleentheid met sy liefling, Suzette Booyens afgehaak.

Volgens Maroela Media het dié twee in 2015 verloof geraak ná hulle deur ’n gemeenskaplike vriend ontmoet het in 2014.

Die sanger het Woensdagoggend behoorlik op sosiale media gekoer. “Die eerste oggend wat ek wakker word as ’n getroude man en dit met my sielsgenoot.  Love you, my baby. Dankie vir elkeen se gelukwense gister” het hy geskryf.

Rudi steel ook harte saam met sy sangmaat, Charné Hugo, wat sedert 2014 saam met hom sing.

Die duo se jongste album, Asemrowend, is steeds op die winkelrakke en iTunes.