Pieter Koen se nuwe enkelsnit is hier

Ná die reuse sukses van sy vorige album, Wat Die Hart Van Vol Is, is die gewilde sanger en aanbieder, Pieter Koen terug met ’n splinternuwe enkelsnit, Boobs, Boude, Bene. Dié tong-in-die-kies treffer is vandag op iTunes vrygestel is beloof om nóg ’n treffer onder oud en jonk te wees.

WhatsApp Image 2016-08-30 at 16.28.02

Pieter Koen het reeds die vermaaklikheidsbedryf in 1997 betree, maar dis die treffer Skud Jou Buscuit wat van hom ’n huishoudelike naam gemaak het. ’n Dekade later spoor hierdie status, nege albums en ’n rits toekennings die sanger nog steeds aan om musiek te maak.

As Pieter Koen nie musiek maak nie, hou hy sy lyf aanbieder op Kwêla wat Woensdae om 20:30 op kykNET uitgesaai word of op Jukebox wat Saterdae om 19:30 op kykNET NOU! uitgesaai word.

Die musiekvideo van dié snit word môre om 19:30 eksklusief op Jukebox vrygestel.