Ná meer as twee dekades as een van Afrikaans se mees geliefde kunstenaars, keer Juanita du Plessis terug met haar splinternuwe album, “Hierdie Oomblik” – ’n besonder persoonlike versameling liedjies wat die verhaal vertel van haar lewe, ervarings en groei oor die afgelope ses jaar. Met ’n indrukwekkende loopbaan wat reeds 17 ateljee-albums, meer as 3,5 miljoen albumverkope en meer as 400 miljoen stromings wêreldwyd insluit, bewys Juanita weereens waarom sy ’n vaste gunsteling onder musiekliefhebbers bly. Die nuwe album bevat 15 liedjies, waarvan nege splinternuwe snitte is en ses reeds bekende enkelsnitte wat oor die afgelope paar jaar vrygestel…
Skrywer: Redaksiespan
In ’n opregte en inspirerende gesprek sluit die jong Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer Demarie by Charmaine van Sing in Afrikaans aan om te gesels.
Is daar iets besonders in Appel se “Genadewater”? Die geliefde Afrikaanse kunstenaar doen dit wéér met ’n splinternuwe enkelsnit wat nie net lekker op die oor val nie, maar ook ’n diep boodskap van hoop, liefde en genade dra. Ná die sukses van sy vorige kortspeler keer hy terug met ’n liedjie wat beloof om oud én jonk aan die sing te kry met sy aansteeklike melodie en opregte boodskap. “Genadewater” handel oor die onverdiende genade wat God elke dag oor mense se lewens uitstort. Dit is ’n herinnering dat geen fout, geen verlede en geen oordeel van die wêreld…
Ná twee suksesvolle samewerkings wat haar aan die Afrikaanse musiekbedryf bekend gestel het, is die talentvolle sangeres en liedjieskrywer Bella uiteindelik gereed om haar eie storie te vertel. Met die vrystelling van haar eerste solo-Afrikaanse enkelsnit, “Mis Jy My Al”, gee sy luisteraars ’n eerlike blik op die emosies van verlange, herinneringe en onbeantwoorde vrae. Musiekliefhebbers het Bella verlede jaar leer ken toe sy saam met Chris Steyn die treffende duet “Winter In Die Kaap” uitgereik het. Sy het daarna nóg harte gewen met haar weergawe van “Travelin’ Soldier”, wat sy saam met haar pa, Arnold Coleske, opgeneem het. Nou…
Daar is min kunstenaars in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf wat soveel rolle met soveel passie vervul soos Justin Serrao. As sanger, liedjieskrywer, feespromotor, ateljeevervaardiger en musiek-netwerker het hy oor die afgelope twee dekades sy merk gemaak op verskeie vlakke van die bedryf. Nou voeg hy nóg ‘n hoofstuk by sy storie met die vrystelling van sy splinternuwe Afrikaanse enkelsnit, “Brandewyn Blaf.” Die liedjie is gebore uit ‘n spontane kreatiewe oomblik tydens die Liefde by die Dam Mega Bonanza Fees in April 2026. Agter die verhoog het Justin saam met sy goeie vriend Rikus de Beer, beter bekend as Radioraps, en musiekvervaardiger…
Die gewilde Afrikaanse kunstenaar Danny Smoke is terug met nóg ’n energieke enkelsnit wat bestem is om van die eerste luister af ’n gunsteling by braaie, jagkampe en kuierplekke regoor die land te word. Vanaf 12 Junie is sy splinternuwe lied, “Naam Weggooi”, beskikbaar – ’n tong-in-die-kies party-anthem wat die onvoorspelbaarheid en onvergeetlike oomblikke van ’n wilde aand saam met vriende vier. “Naam Weggooi” vertel die bekende storie van daardie een aand wanneer alles net reg verloop om dinge effens handuit te laat ruk. Die musiek neem luisteraars op ’n reis deur ’n kuier waar die lag hard is, die…
Die Afrikaanse sangeres Tasha is terug met ’n diep emosionele nuwe enkelsnit, “Droomland” – ’n lied wat die universele temas van verlange, hoop en hartseer ondersoek. Met hierdie eerlike en rou vrystelling neem sy luisteraars saam op ’n reis deur die emosies wat volg wanneer liefde seerkry en die toekoms onseker voel. “Die lied gaan oor ’n vraag en of die antwoord ja is,” vertel Tasha. “Wanneer jou hart gebreek is, vra mens altyd: ‘Is dit verby?’ of ‘Is daar nog hoop?’ En dan volg dit met: ‘Kry ek jou in Droomland vanaand?’ Want van nou af is dit al…
Die gewilde Afrikaanse sanger Willem Botha is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, “Hallo My Hart” – ’n eerlike en emosioneel gelaaide lied wat luisteraars meevoer na ’n wêreld van verlange, herinneringe en tweede kanse. Die lied, wat deur Willem self geskryf is, is vervaardig deur Franja du Plessis, terwyl die kenmerkende kitaarwerk van Juan Floors Oosthuizen ’n warm, nostalgiese gevoel aan die produksie verleen. “Hallo My Hart” kombineer intieme lirieke met ’n moderne Afrikaanse popklank en bou geleidelik op tot ’n kragtige refrein wat die emosionele kern van die lied vasvang. Volgens Willem is die vrystelling die resultaat van ’n…
Ná die blou van “Naam” en die oranje van “Sou Jy?”, is die gewilde duo ONS terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat deur ’n nuwe kleur gekenmerk word. “Vêr Van Die Huis Af”, wat vanaf vandag beskikbaar is, bring die kleur geel na die voorgrond – ’n simboliese voorstelling van die liedjie se ligter, meer optimistiese klank. Vir ONS, bestaande uit Ruvé Erasmus en Marco van Deventer, verteenwoordig geel veel meer as net ’n kleur. “Geel is vir ons ’n gelukkige kleur. Ná ‘Sou Jy?’ wat ’n donkerder, hartseer liedjie was, wou ons teruggaan na ons wortels. Die liedjie is…
Die opkomende Afrikaanse sanger, liedjieskrywer, digter en kunstenaar Rikus van der Vlies stel sy jongste enkelsnit, “Steeds In My”, bekend.