Skrywer: Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

Die opkomende Afrikaanse sanger Richann neem luisteraars op ’n nostalgiese reis na die hart van die platteland met sy splinternuwe enkelsnit, “Mielielande”, wat op Vrydag, 17 Julie vrygestel word. Met sy opregte lirieke, romantiese tema en aansteeklike sokkieklank vier die lied die eenvoud van liefde en die herinneringe wat vir altyd by ‘n mens bly. Die inspirasie vir die lied het uit ’n onverwagte bron gekom. Richann se pa het hom aangemoedig om ‘n lied oor dans in ’n mielieland te skryf – ’n idee wat aanvanklik vreemd geklink het, maar gou ontwikkel het tot ’n pragtige liefdesverhaal waarin die…

Lees meer

Zaan Sonnekus en Karlien van Jaarsveld slaan vir die eerste keer musikale kragte saam met hul splinternuwe duet, “Oor Mekaar”, wat pas vrygestel is. Hierdie langverwagte samewerking bring twee van Afrikaans se mees emosioneel eerlike stemme bymekaar in ’n liedjie wat beloof om diep by luisteraars aanklank te vind. “Oor Mekaar” is deur Zaan en Karlien self geskryf, terwyl die bekroonde vervaardiger Murray Lubbe die produksie behartig het. Die resultaat is ’n aangrypende, veelvlakkige liedjie wat handel oor die mense wat, selfs nadat hulle uit ons lewens verdwyn het, steeds ’n onuitwisbare merk op ons harte laat. Die liedjie delf…

Lees meer

Lianie May is terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat presies op die régte tyd arriveer. In ’n wêreld waar stygende lewenskoste, negatiewe nuus en alledaagse uitdagings maklik die oorhand kan kry, bied “Chill Pill” ’n verfrissende herinnering dat ’n bietjie humor en perspektief soms die beste medisyne is. Met haar kenmerkende warmte, eerlikheid en tong-in-die-kies aanslag lewer Lianie ’n liedjie wat luisteraars laat glimlag én saamstem. “Chill Pill” is ’n viering van die Suid-Afrikaanse gees – die vermoë om selfs in moeilike tye kop bo water te hou, die braaivleisvuur aan te steek en eenvoudig aan te gaan. Die slim…

Lees meer

Dirk van der Westhuizen is terug met nóg ’n energieke vrystelling wat beloof om dansvloere, speellyste en sosiale media aan die gons te hê. Sy splinternuwe enkelsnit, “Die G.O.A.T”, word op Vrydag, 10 Julie 2026, vrygestel en wys weer eens waarom hy een van Afrikaans se gewildste entertainers bly. Die liedjie, geskryf deur Dirk self en vervaardig deur Ferdinand Skead, bied ’n vars, moderne klank met ’n tong-in-die-kies benadering wat perfek aansluit by vandag se jonger luisteraars. Met ’n kombinasie van internetslang, humor en aansteeklike energie skep “Die G.O.A.T” ’n unieke luisterervaring wat terselfdertyd speels én onmiskenbaar Afrikaans is. “Die…

Lees meer

Ná verskeie vrystellings is die opkomende Afrikaanse kunstenaar Philly terug met wat hy sonder huiwering as sy beste liedjie tot dusver beskryf. Sy nuwe enkelsnit, “Spook Van Jou”, is ’n nostalgiese sokkietreffer wat luisteraars terugvoer na die dae van tydlose dansvloertreffers en onvergeetlike herinneringe. “Spook Van Jou” is deur Philly self geskryf en vertel die verhaal van iemand wat eenvoudig nie uit jou gedagtes verdwyn nie – ’n persoon wat by jou “spook” lank nadat die verhouding verby is. Dié liedjie handel oor verlange, herinneringe en die emosies wat soms nog lank ná ’n liefde bly voortleef. Die inspirasie vir…

Lees meer

Net ’n jaar nadat hy sy eerste treë in die Afrikaanse musiekbedryf gegee het, is JACOBUS besig om homself as een van die genre se opwindendste nuwe kunstenaars te vestig. Ná die wegholsukses van “Mila” keer dié talentvolle sanger, liedjieskrywer en opkomende wynmaker nou terug met “Verby Dans” – ’n vars liefdeslied wat beloof om nóg groter te wees. JACOBUS het sy debuut in 2025 gemaak met “Gat In Jou Sak”, gevolg deur “Wag Dat Jy Terugkeer”. Hoewel die eerste twee vrystellings hom aan luisteraars bekendgestel het, was dit “Mila” wat sy loopbaan na nuwe hoogtes geneem het. Dié liedjie…

Lees meer

Gerhard Steyn is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, “Vra Net Vir Jou” – ’n opregte liefdesliedjie wat geïnspireer is deur sy eie liefdesverhaal met sy vrou. Met dié kontemporêre vrystelling deel hy ’n persoonlike hoofstuk uit sy lewe en herinner luisteraars daaraan dat ware liefde soms op die mees onverwagse manier sy pad na jou vind. Dié liedjie sluit aan by die romantiese aanslag waarvoor Gerhard bekend is met treffers soos “Rooi Roos”, “Parfuum” en “Jy’s My Hartklop”, maar bring terselfdertyd ’n vars, moderne klank. “Dis wel bietjie vinniger en het ’n vibe,” vertel hy. Die inspirasie vir die liedjie…

Lees meer

Ná die suksesvolle uitreikings van “My Bok”, “Rooi” en “Moes Maar Ek Moenie”, keer Liza Nel terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat sy sonder huiwering as haar beste werk tot dusver beskryf. “Bottel En Bêre” is ’n nostalgiese, moderne liedjie wat handel oor die verlange om die kosbaarste oomblikke van die lewe vir altyd te bewaar. Dié liedjie se oorspronklike konsep is deur Emil Paul geskryf, maar Liza het dit oor die jare verder ontwikkel totdat dit uiteindelik die emosionele diepte en klank gekry het waarna sy gesoek het. “Ek het met die idee na Emil Paul toe gegaan en…

Lees meer

Die wagtyd is verby! Barto Swiegers se splinternuwe EP, “Nuwe Spore”, is hier – ’n projek wat beloof om luisteraars op ’n emosionele en musikale reis te neem deur stories van hoop, groei, liefde en lewenservaring. Aanhangers het reeds ’n voorsmakie gekry van wat wag met die suksesvolle vrystelling van die treffers “Swaartekrag” en “Sink In Die Hemel In”, twee snitte wat reeds sterk indruk op radiostasies en treffersparades gemaak het. Hierdie liedjies het nie net Barto se unieke stem en styl beklemtoon nie, maar ook die diepte van sy liedjieskryfvermoë ten toon gestel. Met “Nuwe Spore” neem Barto egter…

Lees meer

Daar is liedjies wat geskryf word, en dan is daar liedjies wat uit die diepste dele van ’n mens se hart ontstaan. Met sy splinternuwe enkelsnit, “Waar Die Engele Rook”, deel Zaan Sonnekus een van die mees persoonlike en emosionele hoofstukke van sy lewe met luisteraars. Die aangrypende nuwe liedjie is ’n rou en eerlike verwerking van verlies, rou, hoop en uiteindelike genesing ná die afsterwe van sy ma. Deur treffende lirieke neem Zaan luisteraars op ’n reis tussen donker en lig – deur die plekke waar pyn woon, maar ook na die plekke waar herstel stadig begin posvat. “Waar…

Lees meer