Skrywer: Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

Die Suid-Afrikaanse kunstenaar Benice raak diep aan die hart met die vrystelling van haar mees persoonlike enkelsnit nóg, “Ná die Donker Nag” – ’n emosionele lied oor verlies, rou, geloof en uiteindelike genesing. Met hierdie roerende vrystelling neem Benice luisteraars op ’n eerlike reis deur een van die moeilikste tye van haar lewe nadat sy haar broer in September 2023 verloor het. Die verlies het haar en haar familie onverwags getref en haar wêreld ingrypend verander. “Dit was die donkerste tyd van my lewe,” vertel sy eerlik. “Maar die Here het gekom en weer lig gebring. Hierdie lied is gebore…

Lees meer

Opkomende Afrikaanse popster Tamlyn Wessels slaan ’n nuwe, persoonlike hoofstuk oop met die vrystelling van haar splinternuwe EP, Dis Nie So Diep Nie, wat vanaf 8 Mei op alle digitale platforms beskikbaar is. Na die sukses van haar gewilde enkelsnitte “Klein Bietjie” en “Mooier As Mens”, bewys Tamlyn dat sy ’n vars en opwindende stem in Afrikaanse popmusiek is. Met haar moderne klank, eerlike lirieke en aansteeklike melodieë, bou sy voort op die momentum wat sy reeds die afgelope jaar geskep het. Aanhangers het reeds ’n voorsmakie van die EP gekry met die voorafvrystellings van “Ek Slaap In Jou Hoodie”…

Lees meer

Met sy eerste Afrikaanse vrystelling, “Lankal te Laat”, betree Dian Roux ’n nuwe en betekenisvolle fase – nie net as kunstenaar nie, maar ook as mens. Die enkelsnit dien as ’n rou, eerlike refleksie op ’n verhouding wat teen die einde van verlede jaar tot ’n einde gekom het, en verken temas van liefde, trots, spyt en uiteindelike aanvaarding. Nog voordat die amptelike weergawe op digitale platforms verskyn het, het ’n akoestiese weergawe reeds sterk aanklank gevind. Met meer as 385 000 kykbeurte op Facebook het dit bewys dat die lied ’n universele emosie vasvang – een wat diep resoneer…

Lees meer

Die geliefde Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer Karlien van Jaarsveld maak ’n opwindende terugkeer na die musiektoneel met haar splinternuwe enkelsnit, “As Jy My Roep” – ’n lied wat ’n perfekte balans tref tussen ligte dansenergie en diep, betekenisvolle lirieke. Dié liedjie is geskryf deur Karlien saam met Marco van Deventer en Georic Lomas, en bied aanhangers ’n vars, egte klank wat haar groei as kunstenaar weerspieël. Alhoewel “As Jy My Roep” ’n toeganklike, lekker danstempo het, lê die ware krag van die lied in sy boodskap. Karlien beskryf dit as ’n snit wat ewe gemaklik by ’n Vrydagaand-braai kan speel,…

Lees meer

Die gewilde Afrikaanse musiekfees, Afrikaans Oppi Platteland, skiet vanjaar vir die eerste keer wortel in Pretoria – en dit beloof om ’n onvergeetlike dag van musiek, kuier en saamwees te wees. Ná jare se sukses in Kaapstad, waar duisende feesgangers jaarliks saamtrek, bring dié geliefde fees nou sy unieke plattelandse gees na Gauteng. Op 9 Mei 2026 vind die fees plaas by Idlewild Country Estate in Centurion – ’n perfekte ligging vir ’n dag vol vermaak, goeie kos en nog beter geselskap. Hier is vyf uitstekende redes waarom jy beslis jou plek moet bespreek: 1. Die GROOTSTE kroeg in Suid-AfrikaAs…

Lees meer

Na die sukses van haar vorige vrystellings, “Memories Maak” en “Reg”, keer Ariana terug met ’n nuwe, diep emosionele enkelsnit getiteld “As Ek Lief Is”, wat nou op alle digitale platforms beskikbaar is. Met hierdie lied neem sy luisteraars op ’n eerlike en kwesbare reis deur die kompleksiteite van liefde en loslaat. “As Ek Lief Is” vertel die verhaal van ’n verhouding waar liefde soms beteken om iemand vry te laat – selfs al is dit die moeilikste keuse. Geïnspireer deur die tydlose gedagte dat ware liefde nie beheer nie, maar vertroue vereis, delf Ariana in die innerlike stryd tussen…

Lees meer