Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

ONS keer terug na hul wortels met geel-getinte nuwe enkelsnit

Redaksiespan12 Junie 2026
FOTO: Hendri Fourie
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Ná die blou van “Naam” en die oranje van “Sou Jy?”, is die gewilde duo ONS terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat deur ’n nuwe kleur gekenmerk word. “Vêr Van Die Huis Af”, wat vanaf vandag beskikbaar is, bring die kleur geel na die voorgrond – ’n simboliese voorstelling van die liedjie se ligter, meer optimistiese klank.

Vir ONS, bestaande uit Ruvé Erasmus en Marco van Deventer, verteenwoordig geel veel meer as net ’n kleur.

“Geel is vir ons ’n gelukkige kleur. Ná ‘Sou Jy?’ wat ’n donkerder, hartseer liedjie was, wou ons teruggaan na ons wortels. Die liedjie is ’n gelukkige liedjie en baie naby aan ons liedjie ‘Lag’ se klank. Ons het gevoel dat geel die kleur van geluk, hoop en vreugde is,” vertel Marco, wat die liedjie geskryf het.

Die nuwe enkelsnit vang die gevoel van sorgelose aande vas – daardie oomblikke wanneer die wêreld buite jou huis baie meer aanloklik voel as die werklikheid wat vir jou wag wanneer jy terugkeer.

“‘Vêr Van Die Huis Af’ vertel die storie van waar jy ’n aand gehad het wat jy net heeltyd wil in bly en nie terug wil gaan huis toe nie. By die huis is daar goed wat jy wil vergeet,” verduidelik Marco.

Die kleurtema word ook sterk deurgetrek in die musiekvideo, wat op ’n kreatiewe wyse aansluit by die duo se debuutalbum se visuele identiteit. Die video bevat verskeie geel elemente, waaronder ’n fotografiedoek, twee stoele en ’n kitaar, terwyl ’n spieël gebruik word om speelse diepte en perspektief te skep.

Die musiekvideo is in ’n veld in Pretoria verfilm deur Eric T Graham en Tehan Buys en roep herinneringe op aan die beeld van die duo agter ’n fotografiedoek op hul debuutalbum se omslag.

“Ek dink nie dit was aspris van ons kant af nie; dit was half goeie beplanning van ons span af. Toevallig sluit dit baie mooi aan by waar ons wil uitkom – by ons oorspronklike klank en gevoel,” sê Ruvé.

Met “Vêr Van Die Huis Af” keer ONS dus nie net terug na die klank wat aanhangers op hulle laat verlief raak het nie, maar ook na die speelse energie, hoop en vreugde wat die duo se musiek van die begin af gekenmerk het.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend
Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend
SENTIMENT stel hulself aan Suid-Afrika bekend met debuut-enkelsnit
Leah verlang huis toe met emosionele nuwe enkelsnit ‘Al Wat Ek Wil Hê’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

SENTIMENT stel hulself aan Suid-Afrika bekend met debuut-enkelsnit

14 September 2026

Leah verlang huis toe met emosionele nuwe enkelsnit ‘Al Wat Ek Wil Hê’

11 September 2026

Brendan Peyper verlang na die ‘ou dae’ in nuwe enkelsnit

11 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.