Skrywer: Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

Die geliefde Afrikaanse sangeres Liezel Pieters is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, “Jou Weer Eerste Soen” – ’n nostalgiese liefdeslied wat die magie van daardie onvergeetlike eerste ontmoeting en eerste soen vasvang. Met haar kenmerkende warm stem en opregte vertolking neem Liezel luisteraars op ’n emosionele reis terug na daardie spesiale oomblik wat vir altyd in jou geheue vasgevang bly. Dit is ’n lied oor herinneringe wat nooit vervaag nie en die verlange om net vir ‘n oomblik die tyd terug te draai. Die enkelsnit is deur Liezel Pieters self geskryf, terwyl Franja du Plessis die vervaardiging behartig het. Met…

Lees meer

Chris Steyn is terug met nóg ’n enkelsnit wat beloof om luidkeels saamgesing te word. Sy splinternuwe vrystelling, “Dammit Ek’s Lief Vir Jou”, is nou beskikbaar en wys ’n nuwe, meer energieke kant van die gewilde sanger. Met ’n stewige dosis rock, pakkende kitare en ’n refrein wat moeilik uit jou kop verdwyn, is dié liedjie gemaak vir oop paaie, feeste en harde saamsing. “Dammit Ek’s Lief Vir Jou” is ’n speelse, eerlike liefdesliedjie wat handel oor daardie oomblik wanneer almal rondom jou weet jy het uiteindelik die regte persoon ontmoet – selfs voordat jy dit self heeltemal besef. “So…

Lees meer

Ná die ongekende sukses van “Toelaat”, slaan Bernice West en Droomsindroom ’n splinternuwe kreatiewe rigting in met die bekendstelling van Winter Hotel – ’n musiekprojek wat veel meer as net ’n nuwe band wil wees. Met hul debuut-enkelsnit, “Heuning”, nooi hulle luisteraars in ’n nostalgiese wêreld waar musiek, stories en beeld saamvloei tot ’n unieke ervaring. Die idee vir Winter Hotel het ontstaan ná Bernice West en Droomsindroom se suksesvolle samewerking op “Toelaat”. Dié liedjie het alle verwagtinge oortref, vyf opeenvolgende weke die nommer-een-posisie beklee en binne dié tyd meer as een miljoen stromings behaal. Die oorweldigende reaksie van aanhangers…

Lees meer

Francois van Coke hou aan om aanhangers op hul tone te hou met sy ambisieuse plan om elke maand tot September 2026 nuwe musiek uit te reik. Sy jongste enkelsnit, “Bangkinners”, is nou beskikbaar en bring ’n rou, onverskrokke punk-energie wat hom terugvoer na die klanke waarmee alles begin het. Vir Francois is “Bangkinners” meer as net nog ’n vrystelling – dit is ’n viering van die musiek wat hom gevorm het. Nadat hy grootgeword het met punk as die klankbaan van sy jeug, herontdek hy op hierdie snit die eerlike, ongepolitoerde energie wat die genre so ikonies maak. Die…

Lees meer

Ná drie onvergeetlike konserte by Loftus Versfeld in Pretoria maak Krone in 2027 weer sy terugkeer na die SunBet Arena. Vir aanhangers van dié gewilde saamsingkonsert is dit groot nuus. Ná byna drie jaar onder die oop lug by Loftus, skuif Krone terug na die binnenshuise arena waar duisende musiekliefhebbers vir jare saam gesing, gedans en herinneringe gemaak het. Krone se verhaal het oorspronklik in die GrandWest Arena in Kaapstad begin. Die konsep het vinnig gewild geraak en is daarna ook na Carnival City se Big Top Arena in Johannesburg uitgebrei. Toe die SunBet Arena in Pretoria in 2017 sy…

Lees meer

Ná die suksesvolle vrystelling van Barto se EP, “Nuwe Spore”, het die duet “Dank Die Here Vir Jou” saam met Bernice West vinnig sy plek as een van aanhangers se gunstelinge ingeneem. Nou kry dié geliefde liedjie op 23 Julie 2026 ‘n pragtige amptelike musiekvideo – en kykers kan uitsien na ‘n besondere verrassing aan die einde. “Dank Die Here Vir Jou” is ’n opregte ode aan liefde, geloof en dankbaarheid. Dit vertel die verhaal van daardie een spesiale persoon wat die Here op die regte tyd oor jou pad stuur – iemand wat jou lewe verryk en saam met…

Lees meer

Met sy debuutenkelsnit, “Vivo”, maak die Afrikaanse folk-sanger en liedjieskrywer Chris Karl ’n besonder persoonlike toetrede tot die musiekbedryf. Die lied, wat op onlangs vrygestel is, is ’n opregte huldeblyk aan die Bosveld-dorpie Vivo in Limpopo – die plek waar hy grootgeword het en waar talle van sy kosbaarste herinneringe gevorm is. As storieverteller met ’n liefde vir eerlike lirieke en ryk melodieë, wou Chris Karl sy eerste vrystelling gebruik om die emosionele band met die plek wat hom gevorm het, vas te vang. “Vivo” weerspieël die nostalgie, eenvoud en diep verbondenheid wat hy steeds ervaar wanneer hy na die…

Lees meer

Twee van Suid-Afrika se mees geliefde Afrikaanse kunstenaars, Adam Tas en Liezel Pieters, het kragte saamgesnoer vir die vrystelling van ’n besondere nuwe gedenklied wat hulde bring aan die nalatenskap, waardes en toekoms van Die Voortrekkers. Met diepgaande lirieke wat geloof, tradisie en gemeenskap vier, is dié samewerking ’n musikale eerbetoon wat luisteraars sal inspireer en herinner aan die krag van erfenis. Die liedjie neem luisteraars op ’n emosionele reis deur die geskiedenis van Die Voortrekkers – vanaf die stigting van die organisasie in 1931 tot die betekenisvolle rol wat dit vandag steeds in duisende jongmense se lewens speel. Dit…

Lees meer

Bok van Blerk, die bekroonde Afrikaanse sanger en liedjieskrywer agter ikoniese treffers soos “De La Rey”, “My Kreet” en “Ik Ben Een Afrikaander”, is terug met ’n kragtige nuwe enkelsnit wat moed, deursettingsvermoë en samehorigheid vier. “Hart Van ’n Leeu” is ’n energieke liedjie wat luisteraars inspireer om elke uitdaging met vasberadenheid aan te pak. Dié liedjie, wat Bok saam met die bekende liedjieskrywer Johan Vorster geskryf het, het sy oorsprong in ’n eenvoudige, maar kragtige vraag: Wat sou ’n rugbyafrigter vir sy bulletjierugbyspan sê om hulle net vóór die wedstryd te motiveer? “Ons het dit natuurlik so geskryf dat…

Lees meer