Afrikaanse duo Skemer is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, “Rigting”, wat op Vrydag, 5 Junie 2026, saam met ’n gepaardgaande musiekvideo vrygestel word. Die liedjie is geskryf deur Emil Paul en Stephan van Huyssteen en vervaardig deur Hugo Ludik by Muse Studios. Met dié vrystelling bly Skemer getrou aan die kenmerkende klank wat hulle aanhangers leer ken en waardeer het – eerlike, opregte storievertelling wat diep emosies aanspreek en maklik aanklank vind by luisteraars. “Rigting” vertel die verhaal van liefde in sy mees egte vorm. Dit gaan nie oor ’n perfekte verhouding of ’n voorspelbare pad nie, maar eerder oor…
Skrywer: Redaksiespan
PC Vermaak is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, “Blom”, wat op 5 Junie saam met ’n amptelike musiekvideo vrygestel word.
Met haar album “Klein Dingetjies”, wat verlede jaar uitgereik is, het Demi Lee Moore haar plek as een van die grootste name in Afrikaanse musiek verder versterk. Sedertdien het Demi Lee se lewe ook op ’n persoonlike vlak verander. Benewens haar suksesvolle musiekloopbaan, het sy ’n nuwe en kosbare titel bygekry – dié van ma vir haar klein seuntjie. Nou, byna ’n jaar ná haar laaste musiekvrystelling, is sy terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat reeds die potensiaal het om een van die grootste liedjies van haar loopbaan te word. “Daai Gevoel” is ’n energieke, opbouende liefdesliedjie wat deur die…
Die wagtyd is verby! Francois van Coke & Vriende keer op Vrydag, 9 Oktober 2026, terug na die SunBet Arena by Time Square in Pretoria vir wat beloof om een van die grootste alternatiewe musiekgeleenthede van die jaar te wees. Sedert die eerste Francois van Coke & Vriende-konsert in 2018 het dié hoë-oktaan arena-produksie gegroei tot een van Suid-Afrika se mees geliefde jaarlikse musiekgeleenthede. Met wêreldklasproduksie, ’n unieke konsep en ’n indrukwekkende versameling kunstenaars wat almal ’n musikale geskiedenis met Francois deel, verkoop die konsert jaar ná jaar uit. “Ons gaan die 2026 weergawe van Francois van Coke & Vriende…
Die Afrikaanse alternatiewe musiekprojek Skadulyn het hul splinternuwe album, “LOKVINK”, vrygestel – ’n donker, melodiese en filmiese projek wat oor maande heen tussen Chicago en Kaapstad geskep is. Dié 19-snit album is die resultaat van ’n kreatiewe proses wat oor kontinente, tydsones en talle laat nagte gestrek het. Die duo, bestaande uit Ignatius Kritzinger en Dirk Crafford, het saam geskryf, opgeneem, samples gebou, gemix en gemaster totdat “LOKVINK” die unieke karakter gekry het waarvoor Skadulyn bekend staan. Skadulyn het die afgelope tyd hulself gevestig as ’n unieke stem binne die Afrikaanse alternatiewe musiektoneel. Hul musiek verken die ruimte tussen lig…
Afrikaanse musiek se momentum-maker, Barto Swiegers, is terug met nóg ’n opwindende vrystelling. Sy splinternuwe enkelsnit, “Sink In Die Hemel In”, volg op ’n indrukwekkende reeks suksesse wat sy plek as een van die sterkste en mees dinamiese stemme in die bedryf verder bevestig. Ná die Goud-gesertifiseerde “Pakkie Mal Berou”, die Platinum-erkende “Vlam In Die Wind” en die Dubbelplatinum-treffers “H2Oë” en “Impulsief”, staan Barto vandag sterker as ooit as ’n Dubbel Platinum-kunstenaar met ’n kenmerkende styl en ’n groeiende aanhang regoor Suid-Afrika. “Sink In Die Hemel In” bou voort op die emosionele diepte en moderne klank waarmee luisteraars hom leer…
Opkomende Afrikaanse kunstenaar Jùhan Venter raak harte met die vrystelling van sy splinternuwe enkelsnit, “Leer my om lief te hê”, wat in samewerking met Melkbos Musiek bekendgestel is. Die emosionele lied bied ’n eerlike blik op liefde, verlies en die moed om weer te probeer wanneer die lewe jou teleurgestel het. “Leer my om lief te hê” vertel die verhaal van twee mense wat deur uitdagende tye gaan, maar steeds kies om nie op mekaar op te gee nie. Met opregte lirieke en ’n gevoelvolle vertolking neem Jùhan luisteraars op ’n reis van seerkry, selfondersoek en uiteindelike hoop. Die lied…
Die gewilde Afrikaanse sanger Bobby van Jaarsveld is terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat luisteraars gaan laat glimlag, saam sing én dalk selfs ’n bietjie anders laat dink oor liefde en aantrekkingskrag. Sy nuwe liedjie, “My Tipe”, breek weg van oppervlakkige standaarde en herinner mense daaraan dat persoonlikheid en ’n goeie hart steeds die belangrikste is. In ’n wêreld waar filters, selfies en valse prentjies dikwels die norm geword het, bring “My Tipe” ’n ligte, eerlike en prettige boodskap. Volgens Bobby het dié liedjie ontstaan uit ’n eenvoudige vraag wat hom laat besef het dat hy nog nooit regtig ’n…
JAN JAN JAN se nuwe enkelsnit “Tant Tilla” is ’n energieke partytjietreffer vol humor, kleurvolle lirieke en kuiergees wat perfek pas by feeste, braaie en laat aande saam met vriende.
Donkerbaai stel op 15 Mei hul nuwe enkelsnit “Sluk My Heel In” vry — ’n emosionele indie-poplied oor intimiteit, oorgawe, nostalgie en die transformerende krag van menslike verbinding.