Skrywer: Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

Vyf jaar! Dís hoe lank aanhangers van die sanger, aanbieder en akteur, Willem Botha, wag vir ’n nuwe album. En nou het die tyd uiteindelik aangebreek. Willem Botha se splinternuwe album, Soen en Vergeet, is pas vrygestel op iTunes. Dié album kan nou vooraf bestel word, boonop kry jy op die koop sy eerste enkelsnit en die musiekvideo daarvan. Klik hier om die album vooraf te bestel. Oor die feit dat dit so lank geneem het om weer ’n album vry te stel sê Willem: “Ek wou nooit net ’n album uitreik om ’n album daarbuite te hê nie.” “Ek…

Lees meer

Afrikaans Rock is terug op publieke aanvraag, en die tweede aflewering van dié gewilde rockkonsert vind plaas op 15 April. Afrikaans Rock, in samewerking met Hunters Dry, bring van ons lans se grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf saam op één verhoog by Shimmy Beach Club in Kaapstad. Kunstenaars soos Die Heuwels Fantasties, Fokofpolisiekar, aKING en vele meer gaan op die verhoog te sien wees. Kaartjies Kaartjies is beskikbaar by NuTickets en beloop R225, R325 vir BBP en R500 vir Premier. Jy kan jou BBP-pakket bespreek deur ’n e-pos te stuur na tickets@shimmybeachclub.co.za of 021 200 7778 te bel. Ons…

Lees meer

Ná twee uitverkoopte Krone 3-konserte verlede jaar by Carnival City in Gauteng kan aanhangers van dié konsertreeks uitsien na nóg ’n moewiese saamsing jol wat op Vrydag, 28 Julie, Saterdag, 29 Julie en Sondag, 30 Julie by Carnival City se Big Top Arena, plaasvind.

Lees meer

Die gewilde sangeres, Karlien van Jaarsveld, het Sondagoggend ’n geheimsinnige foto in die sosiale netwerk, Instagram gedeel, wat lyk asof sy die knoop deurgehaak het in die stilte. Vandag kan ek met oorgawe en soveel dankbaarheid vir jou sê – moet nooit opgee op die liefde nie. Xxx A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on Mar 26, 2017 at 3:10am PDT Sy het by die foto geskryf: “Vandag kan ek met oorgawe en soveel dankbaarheid vir jou sê – moet nooit opgee op die liefde nie. Xxx” Ons kan maar net wonder waaroor hierdie foto gaan. Karlien het haar verlowing…

Lees meer

Die musiekvideo van Len Muller se gewilde enkelsnit, Ek Glo, is pas bekendgestel. Dit neem die kyker op ’n liefdesreis vol deernisvolle oomblikke, wat die hart net soveel sal raak soos die lirieke en sielvolle vertolking van hierdie kitstreffer. Kyk die video hier: Len, wat bekendheid verwerf het vir sy aangrypende lirieke en strelende stem, se solo-loopbaan het in 2012 afgeskop toe hy Richardsbaai verruil het vir Pretoria se stadsliggies. Sy debuutalbum, Doodgewone Avontuur, wat in 2015 uitgereik is, het hom amptelik aan die musiekbedryf bekendgestel en heelwat treffers en benoemings (Ghoema- en Tempo-benoemings vir Manlike Kunstenaar van die…

Lees meer

Dit was die jaar 2013, en tussen al die bekendes in die rolverdeling van die gewilde musiekfilm, As Jy Sing, het ’n nuweling die oog en die oor gevang. Amper 4 jaar later en Georic Lomas het nie net ’n getroue groep bewonderaars opgebou nie, maar na die uitreiking van sy eerste treffer, Bazaruto, hier teen die einde van verlede jaar, kom die opwindende nuus dat sy debuutalbum binnekort op die rakke sal wees. Maar voor die CD die winkels gaan tref teen Junie, sal ’n paar liedjies vanaf die album, getiteld Silhoeët, reeds vanaf 17 Maart beskikbaar wees op…

Lees meer

Die Afrikaans is Groot-konserte is die afgelope naweek vir ’n vierde keer suksesvol aangbied in die Moederstad. “Dit spreek boekdele dat Afrikaans is Groot in Kaapstad bykans twee weke voor die konsert uitverkoop het. Dit is net weer eens ’n bewys dat die Kaap se Afrikaanse gehore steeds smag na top gehalte Afrikaanse vermaak, op groot skaal,” sê Arnold Coleske, organiseerder van Afrikaans is Groot. Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Jannie Moolman, Corlea, Elvis Blue, Dewald Wasserfall, Lianie May, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Jay, Karen Zoid, Laurika Rauch, Riana Nel en Bok van Blerk was almal saam op…

Lees meer

Boelies is een van die grootste sosiale probleme waarmee mense op ’n daaglikse basis gekonfronteer word en dit raak nie net sommige kinders op skool nie. Die probleem strek oor die hele sosiale spektrum, van skole, werksplekke en selfs ook deesdae via sosiale media en oral op die internet. Ons sien gereeld van nuwe voorvalle waar kinders en grootmense geboelie word in alle opsigte van die samelewing en ook nie net meer die “swakker” mense nie, selfs “sterker” mense en mense wat groot hoogtes bereik, word slagoffers van boelies. Dít is die rede hoekom Nicky de Kock besluit het om…

Lees meer