Vyf jaar! Dís hoe lank aanhangers van die sanger, aanbieder en akteur, Willem Botha, wag vir ’n nuwe album. En nou het die tyd uiteindelik aangebreek. Willem Botha se splinternuwe album, Soen en Vergeet, is pas vrygestel op iTunes.
Dié album kan nou vooraf bestel word, boonop kry jy op die koop sy eerste enkelsnit en die musiekvideo daarvan.
Klik hier om die album vooraf te bestel.
Oor die feit dat dit so lank geneem het om weer ’n album vry te stel sê Willem: “Ek wou nooit net ’n album uitreik om ’n album daarbuite te hê nie.”
“Ek het net ander projekte gehad wat my besig gehou het. Ek het twee groot teaterstukke aangepak en twee dramareekse vir kykNET sedert 2012. As ek nie my alles kan gee vir ’n projek nie, dan doen ek dit nie.”
Die volgende paar maande gaan baie besig wees vir dié sanger soos hy reg maak om sy nuwe album bekend te stel. “Ek het drie toere wat voorlê in die volgende vier maande – een in Namibië vir drie weke,” vertel hy. “Tussen deur doen ek ook ’n gróót CD bekendstelling. Ons doen ook ’n media toer om seker te maak die album kom orals uit. Dis baie opwindend.”
Klik hier om die musiekvideo eksklusief op iTunes te kry.
Klik hier om na agter-die-skerms foto’s van die musiekvideo te kyk.
Hou gerus dié spasie dop vir al die opwindende nuus! Volg gerus vir Willem op Twitter en Instagram en like sy Facebook-blad.