Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Krone

Krone 4 kom in Julie na Carnival City!

Redaksiespan31 Maart 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Ná twee uitverkoopte Krone 3-konserte verlede jaar by Carnival City in Gauteng kan aanhangers van dié konsertreeks uitsien na nóg ’n moewiese saamsing jol wat op Vrydag, 28 Julie, Saterdag, 29 Julie en Sondag, 30 Julie by Carnival City se Big Top Arena, plaasvind.

Vanjaar, is daar ook nuwe gesigte wat op die planke te sien is. Deon Groot, Elandré Schwartz en Lieflinge is van die nuwe gesigte wat by ou staatmakers soos Kurt Darren, Manie Jackson, Snotkop, Nicholis Louw, Adam Tas, Brendan Peyper, Ray Dylan, Andriëtte Norman, Elizma Theron en Liezel Pieters, Juanita du Plessis, Refentse, Ricus Nel gaan aansluit.

“Konsertgangers kan solank gereed maak vir die jol van die jaar. So paar ander verrassings wag ook,” sê Niel Schoombee, regisseur van Krone 4.

Volgens Schoombee kan konsertgangers na meer as 110 treffers uitsien. “Ons bekroon die treffers by dié konsert. Van Laurika Rauch se tydlose Stille Waters tot ons hedendaagse treffers.”
Krone is ’n moewiese saamsing jol. Tydens die konsert verskyn al die lirieke van die liedjies wat gesing word op die grootskerms. Die gehoor kan dan na hartelus saamsing en die partytjie is dan net soveel groter en lekkerder. Dis die grootste sterre op die grootste verhoog en jy kan saamsing!

“Ek dink dít is wat Krone anders maak as jou normale konserte. Die feit dat die gehoor die lirieke woord-vir-woord saam kan sing, omdat daar skerms is wat dit vertoon.” vertel Ernst Kleinhans, organiseerder van Krone.

Kaartjies vir vanjaar se Krone 4-konserte is nou beskikbaar en kan aanlyn gekoop word by Computicket of enige Checkers/Shoprite en House & Home-winkel.

Bly op hoogte van die jongste Krone-nuus op Facebook (https://www.facebook.com/KroneFans/), Twitter (https://twitter.com/KroneFans) en Instagram (https://www.instagram.com/kronefans/).

 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!
SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring
Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert
‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.